AUGUSTUS 2015: BELEGGINGS OMGEWING
Die beleggings omgewing is tans onseker en gevolglik is die groei van aandele beleggingsportefeuljes beperk.
Julie het wel beter beleggingsgroei gelewer as Junie maand en ons vertrou dat die onsekerhede van Griekeland en China in die nabye toekoms besweer sal word.
Die Griekse ekonomie is slegs ongeveer 2% van die totale Eurosone ekonomie en het dus beperkte invloed in Europa.China is egter die tweede grootste ekonomie internasionaal en is dus van kardinale belang vir Suid-Afrika wat grondstowwe uitvoer na China.
Die Shanghai Composite Equity Index het die afgelope 12 maande sterk bewegings getoon deur te styg van ongeveer 2500 punte na 5000 punte om net weer te daal na 3500. Die rede vir hierdie bewegings van die aandele beurs is omdat Chinese voorheen hul persoonlike welvaart verbeter het deur eiendomme te koop en agv ‘n oorgewaardeerde eiendomsmark, besluit het om eerder beleggings te maak in aandele portefeuljes. Lenings is aangegaan by klein banke (shadow banks) om aandele aan te koop en gevolglik het die Shanghai Composite Equity Index te vinnig te veel gestyg . Tans is die Chinese regering besig om aandele aan te koop ten einde die betrokke aandele mark te stabiliseer. Daar moet onthou word dat die Chinese regering aandele besit in van die grootste Chinese maatskappye! Hier is dus nie ‘n vrye mark stelsel in werking nie en is die waardering van aandele waardes is dus slegs ‘n spekulatiewe berekening vir buitestaanders.
Die Bovest beleggingsfondse het wel ‘n klein blootstelling aan die Sjanghaise aandele beurs omdat dit die tweede grootste ekonomie internasionaal verteenwoordig. Die huidige lae pryse van hulpbronaandele in SA bied ‘n goeie koop geleentheid in die sektor en daarom het die Bovest beleggingsfondse wel ‘n beperkte posisie opgeneem.
Ons vertrou dat Augustus wel ‘n beter maand vir ons as beleggers gaan wees! Maak egter seker dat jou beleggings risiko profiel wel jou huidige persoonlike finansiële situasie reflekteer. Indien daar onsekerheid hieroor bestaan moet julle nie huiwer om jou persoonlike finansiële adviseur by Bovest te kontak nie.
Riaan Botha
Recent Posts
JSE All Share in 2019
We all felt the pressure in 2019, but we need t...Dankie vir 2019!
Die einde van die jaar lewer gewoonlik v...Investec Asset Management is rebranding as Ninety One
The Boards of Investec PLC and Investec Limited...3 Lessons we can learn from the Rugby World Cup.
3 Lessons we can learn from the Rugby World Cup...Understanding Flexible Investments
Flexible Investments are exactly as the name im...
Archives
- December 2019
- November 2019
- October 2019
- September 2019
- August 2019
- July 2019
- May 2019
- April 2019
- March 2019
- February 2019
- January 2019
- December 2018
- November 2018
- September 2018
- August 2018
- July 2018
- May 2018
- April 2018
- March 2018
- February 2018
- December 2017
- November 2017
- October 2017
- September 2017
- August 2017
- July 2017
- May 2017
- April 2017
- March 2017
- February 2017
- January 2017
- December 2016
- November 2016
- October 2016
- September 2016
- August 2016
- July 2016
- June 2016
- April 2016
- March 2016
- February 2016
- January 2016
- December 2015
- November 2015
- September 2015
- August 2015
- July 2015
Recent Comments