BELEGGINGS MET ‘N VASGESTELDE DOELWIT
Geld is ‘n voertuig wat jy kan gebruik om ‘n spesieke doelwit in jou lewe te bereik. Geen 2 persone se doelwitte is dieselfde nie omdat hul betrokke behoeftes verskil. Om aan hierdie behoeftes te voldoen word sekere beleggings strategië benodig. Die hoeveelheid geld wat gespaar moet word sal bepaal word deur die omvang van behoeftes van die spaarder.
Beleggingsstrategië:
Jy kan byv. 3 verskillende doelwitte stel soos die befondsing van die opvoeding van jou kinders of kleinkinders in 18 jaar, spandeer R200 000 met die aankoop van ‘n nuwe motor oor 5 jaar, en ‘n oorsese vakansie oor 2 jaar. Elke doelwit sal ‘n verskillende strategie benodig met verskillende beleggings risiko profiele.
Vir die aankoop van die motor:
- Jy kan byvoorbeeld R115 000 beskikbaar hê wat na R200 000 moet groei in 5 jaar. Hiervoor benodig jy groei van 11.4% per jaar, wat beteken dat jou beleggings risiko profiele gematig klasifiseer met 40% tot 60% in aandele te belê.
- Indien jy geen aanvangskapitaal beskikbaar het moet jy R2 300 per maand spaar met ‘n groeikoers van 14.8% op jou belegging. Dit beteken dat die belegging se risikoprofiel aggressief sal wees met blootstelling aan aandele van 90%.
- Indien aanvangskapitaal van R80 000 beskikbaar is met ‘n maandelikse belegging van R2 300 beteken dat ‘n groeikoers van 7.3% nodig sal wees. ‘n Konservatiewe portefolio word benodig met 30% blootstelling aan aandele.
Dit is belangrik om te weet dat hoe groter die risiko is met die verhoogde aandele blootstelling in ‘n portefeulje, hoe meer is die kans dat die beleggingsdoelwit nie bereik word nie! Dit word getoon deur die verskil in opbrengs van die bateklasse vir die periode 1 Januarie 2000 en 31 Desember 2014:
- Aandele: Die gemiddelde jaarlikse groei was 15.96%, maar op sy slegste was die JSE af met 39.8% in ‘n jaar en en op sy beste op met 68.33%.
- Gelyste eiendom: Die gemiddelde jaarlikse groei was?
- Effekte(Bonds): Die gemiddelde jaarlikse groei was 11.4%, maar die slegste pryse was 3.04% laer en die beste 30.86% beter.
- Kontant: Die gemiddelde jaarlikse groei was 8.35%, met die laagste koers van 5.16% en 13.10% wat verskillende instansies aangebied het.
Dit is duidelik dat doelwit gebasseerde beleggingsstrategieë nie beter beleggingsgroei waarborg nie maar die kanse verhoog dat jy wel ‘n beter kans het om jou doelwitte te bereik.
Die grootste foute wat beleggers maak, is deur self beleggings te bestuur en dan blootgestel word aan persoonlike vrese soos die verlies aan beleggingskapitaal. Gevolglik word te konserwatiewe portfolios saamgestel wat nie die betrokke doelwitte bereik nie. ‘n Ander gevaar is wanneer aandele goed presteer beleggers inkoop in duur aandele/die JSE se pryse hoog is, en wanneer die pryse daal/korrigeer die aandele verkoop om sodoende kapitale verlies te realiseer. Deur hierdie aksies word welvaart vernietig.
Riaan Botha
Recent Posts
JSE All Share in 2019
We all felt the pressure in 2019, but we need t...Dankie vir 2019!
Die einde van die jaar lewer gewoonlik v...Investec Asset Management is rebranding as Ninety One
The Boards of Investec PLC and Investec Limited...3 Lessons we can learn from the Rugby World Cup.
3 Lessons we can learn from the Rugby World Cup...Understanding Flexible Investments
Flexible Investments are exactly as the name im...
Archives
- December 2019
- November 2019
- October 2019
- September 2019
- August 2019
- July 2019
- May 2019
- April 2019
- March 2019
- February 2019
- January 2019
- December 2018
- November 2018
- September 2018
- August 2018
- July 2018
- May 2018
- April 2018
- March 2018
- February 2018
- December 2017
- November 2017
- October 2017
- September 2017
- August 2017
- July 2017
- May 2017
- April 2017
- March 2017
- February 2017
- January 2017
- December 2016
- November 2016
- October 2016
- September 2016
- August 2016
- July 2016
- June 2016
- April 2016
- March 2016
- February 2016
- January 2016
- December 2015
- November 2015
- September 2015
- August 2015
- July 2015
Recent Comments