BELEGGINGSPRESTASIE

by / Tuesday, 28 May 2019 / Published in Aftree Beplanning

Die Internasionale politieke gebeure die afgelope 2 weke het beleggers se portefeuljes nadelig geraak a.g.v. die handelsoorlog tussen die VSA en China.

 

 

Vir die periode 1 Januarie 2019 tot 1 Mei 2019 het die Johannesburg Stock Exchange (JSE) met 14.2% (of 7264 punte) gestyg en beleggers het gewonder watter gebeure die groei tendens op die internasionale markte nadelig sou raak. Min was die verbasing toe Pres Trump van die VSA aangekondig het dat die invoerbelasting van Chinese goedere na die VSA verhoog  gaan word en gevolglik het die aandele beurse internasionaal in waarde gedaal.

 

Met die inhuldiging van President Ramaphosa het egter ‘n tydperk van positiewe verwagting aangebreek met die hoop dat die plaaslike ekonomie beter gaan presteer. Sy credo van “A new dawn” skep die verwagting dat sy aanbod van “a social contract” tussen die nuwe regering en die mense van Suid Afrika sal lei tot verbeterde lewens omstandighede. Suid Afrikaners is versigtig optimisties dat die ekonomie gaan verbeter en dat meer werk geleenthede geskep gaan word. Hierdie positiewe verwikkelinge sal die beleggingsklimaat in SA verbeter en kan verwag word dat die JSE beter gaan presteer.

 

Hoe raak bogenoemde politieke gebeure jou beleggingsportefeulje? Op ‘n maand tot maand vergelyking van beleggingsportefeulje prestasies het die internasionale gebeure die portefeuljes  nadelig geraak. Plaaslike gebeure hou die belofte in van ekonomiese groei en het gevolglik ‘n positiewe invloed gehad. Ons weet egter dat politieke gebeure se invloed kortstondig is as dit nie opgevolg word met ekonomiese en beleggingsentiment nie. Beleggingsentiment was nog altyd ‘n langtermyn spel en daarom moet jy nie dat die huidige politieke gebeure jou laat afwyk van jou beleggingstrategie nie.

 

Dr. Adriaan P. Botha

TOP