Bestuur jou Risiko’s

Die Staatsrede is gister deur President C Ramaposa gelewer en alhoewel dit geoordeel word as een van die mees positiewe staatsredes die afgelope aantal jare, is dit belangrik dat persoonlike risiko’s deurlopend bestuur moet word. As ‘n landsburger het elkeen van ons ‘n unieke risikoprofiel met persoonlike omstandighede wat met die hulp van kundiges bestuur moet word.

Welvaart beplanning is belangrik vir enige persoon wat ‘n inkomste ontvang asook vir persone wat welvaart oor ‘n tydperk van jare geskep het en daarvan moet leef tydens hul aftrede. Die risiko om nie welvaartbeplanning te doen nie kan later in jou leeftyd jou duur te staan kom.

Dit is daarom belangrik om persoonlike finansiële doelwitte vir 2020 vas te stel.

Die vraag wat onmiddelik gevra word wanneer persoonlik finansiële doelwitte opgestel word, is watter faktore speel ‘n rol? Die volgende is van belang:

· Wat is die finansiële behoeftes van jou en jou familie?

· Wat is die risiko’s waaraan die inkomste wat jy verdien blootgestel word? Enige welvaartskepper of persoon wat vir hom/haar self werk het ‘n unieke situasie.

· Waaroor het jy persoonlik beheer? Jy kan nie die ekonomiese/politieke omstandighede verander nie maar jy kan wel jou inkomste strome bestuur.

· Wees positief en soek geleenthede om jou persoonlike situasie te verbeter.

Dr Riaan Botha, D.Phil, AFP

Leave a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *