Betaal jou skuld.

In die Februarie Nuusbrief is die eerste wenk om jou welvaart te vermeerder genoem nl. om jou Persoonlike Geldsake in Orde te kry.

 

 

 

Die tweede wenk is:

Betaal jou skuld en word skuldvry.

 

Die invloed van saamgestelde rente word beskou as van die kragtigste faktore in die proses van welvaartskepping. As saamgestelde rente teen jou werk soos in die geval van skuld, beteken dit dat jy rente op rente moet betaal om jou skuld af te los. In die meeste gevalle is dit lenings by banke of kredietkaart rekeninge wat afbetaal moet word.

 

Dit is in die meeste gevalle nie moontlik om al jou skuld oor die kort termyn af te betaal nie. Afhangend hoe diep jy alreeds in die skuld-strik verstrengel is moet daar egter met ‘n proses begin word om jou skuld af te los sodat jy skuldvry kan word om weer beheer oor jou persoonlike finansies te kan neem.

 

Daar bestaan sekere mites oor skuld. Van hierdie mites en die gevolglike waarheid is die volgende:

  • “Skuld is nodig om welvaart te skep.” Die waarheid is egter dat skuld die finansiële risiko van die lener verhoog en welvarende persone gebruik selde skuld om hulle welvaart te vermeerder.

 

  • “Om motor paaiemente te betaal, is normaal omdat almal dit betaal.” Die waarheid is egter dat die meerderheid welgestelde mense geen paaiemente op húlle nuwe motors betaal nie omdat hulle die motors kontant gekoop het of dat goedkoper tweedehandse motors kontant gekoop word. ‘n Motor word nie gesien as ‘n status simbool nie maar eerder ‘n noodsaaklike uitgawe.

 

  • “Gebruik jou kredietkaart om jou skuld te konsolideer en jou welvaart te vermeerder.” Die waarheid is egter dat jy jou skuld moet afbetaal voordat jy kan spaar om jou welvaart te vermeerder. Indien jy jou kredietkaart gebruik moet jy jou krediet binne 1 maand Statistiek wys egter dat die meerderheid nie daarin slaag om hul krediet tydig af te betaal nie.

 

  • “Gaan leen geld om ‘n belegging te maak om sodoende jou bates te vermeerder.” Dit kan suksesvol gedoen word mits die reële (na inflasie) groei op die belegging groter is as al die uitgawes, aangegaan met die lening ingesluit die belasting betaalbaar op die beleggings groei.

n Kundige kan geraadpleeg word op die gebied, maar die resultaat op die ou einde hang van elke individu self af.

Leave a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *