Het jy ‘n persoonlike finansiële plan?

by / Thursday, 08 August 2019 / Published in Financial Planning

Verskillende studies plaaslik sowel as internasionaal het bevind dat huishoudings/families wat gebruik maak van finansiële adviseurs se dienste se persoonlike finansies beter presteer as dié daar sonder. Risiko bestuur is, in hierdie verband, een van die belangrikste bydraes wat ‘n finansiële adviseur kan maak.

Met inligting wat daagliks gratis en in oorvloed beskikbaar is, word ons blootgestel aan plaaslike en internasionale nuus gebeure wat nie ontleed of in perspektief geplaas word nie.

Hierdie oor aanbieding van meestal negatiewe inligting stem die person op straat tot negatiwiteit. Veral in Suid Afrika word ons meestal blootgestel tot negatiewe inligting wat tot gevolg het dat talle persone emosionele finansiële besluite neem.

Om te verhoed dat emosionele besluite – wat welvaart kan vernietig of nadelig raak – geneem word, is dit belangrik om met die hulp van ‘n Bovest finansiële adviseur ‘n persoonlike finansiële plan op te stel. Deur hierdie plan jaarliks op te dateer, word verseker dat persoonlike lang termyn finansiële doelwitte suksesvol nagestreef word.

Riaan Botha – D.Phil

TOP