Mediese Fonds Veranderinge vir 2020

by / Friday, 04 October 2019 / Published in General

 

By Bovest bied ons 3 van die top mediese fondse in die mark aan naamlik: Discovery Health, Momentum Health en Profmed. Ons vertrou die 3 fondse met ons kliënte se mediese behoeftes en streef daarna om altyd op datum te wees met produk veranderinge en bydrae aanpassings. Die veranderinge en gemiddelde bydrae eskalasies volg. Kontak u adviseur vir meer inligting.

 

Discovery Health Update 2020

Planne se bydrae gaan met ‘n gemiddeld van 9.5% op vir 2020.

Plan verandering: Classic Comprehensive Zero MSA word Classic Smart Comprehensive.

  • Dit is ‘n omvattende plan met netwerk dokters en hospitale. Dit is gebasseer op die Classic Smart plan wat beteken daar sal egter limiete en bybetalings wees.

“Primary Care for Household Employees”

  • Teen ‘n premie van R249 per maand kan ‘n huishoudelike werknemer toegang geniet tot beperkte privaat mediese sorg.

Momentum Health Update 2020

Planne se bydrae gaan met ‘n gemiddeld van 8.2% op vir 2020.

Nuwe Opsie – “Evolve Option”

  • Hierdie opsie is ‘n netwerk hospitaal plan met ‘n bybetaling vir beplande prosedures. Daar is egter nie ‘n bybetaling vir motorongelukke, bevallings en noodbehandeling nie.
  • Kan kronies slegs deur staatsverskaffers kry.
  • Kan gebruik maak van adisionele “Heallth Saver” vir dag tot dag uitgawes indien nodig.

Profmed  Update 2020

Planne se bydrae gaan met ‘n gemiddeld van 9.7% op vir 2020.

  • Alle limiete is hoër aangepas en daar is nou weer ‘n limiet op gehoor aparate vanaf 2020.
  • Swangerskap voordele verbeter. Bedrag betaal verander soos volg:
  • GP verander van R386 na R480 per konsultasie.
  • Spesialiste van R597 na R728 per konsultasie.
  • ProSecure & ProPinnacle families betaal slegs vir die eerste 3 kinders.
  • “ADHD” by kinder sonder 18 jaar word nou uit kroniese voordele gedek.
  • Internasionale Reis Voordeel – R6 miljoen per lid per reis.

 

Connie Du Toit

TOP