Welkom by Bovest se Blog

Sedert 1996 het ek aan kliënte finansiële advies gelewer en is ek beskeie maar trots dat hulle my nog gereeld kontak. Tegnologie maak dit makliker om kontak te verbeter en daarom hierdie poging om vir Bovest ‘n Blog beskikbaar te stel waar inligting maklik gedeel kan word.

Persoonlike kontak kan nooit vervang word met internet kontak nie en daarom is die daarstelling van die Blog nie om persoonlike kontak te verminder nie maar eerder om kontak te verbreed tot voordeel van Bovest se kliënte.

Deur die Blog gaan Bovest poog om deur die plasing van interessante artikels en inligting debat te stimuleer en om die menings van ons kliënte te lees. Daar sal nie ‘n oormaat inligting geplaas word wat ons oorvol kliënte programme meer te oorlaai met leeswerk nie, maar eerder kort kragtige en interessante feite deel en om interaksie te verbeter.

Ons by Bovest is natuurlik oop vir enige sinvol voorstelle oor hoe om ons kontak met julle te verbeter!

Riaan Botha

bovest_our_team_riaan_botha

Leave a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *