AUGUSTUS 2015: BELEGGINGS OMGEWING

Die beleggings omgewing is tans onseker en gevolglik is die groei van aandele beleggingsportefeuljes beperk.

Julie het wel beter beleggingsgroei gelewer as Junie maand en ons vertrou dat die onsekerhede van Griekeland en China in die nabye toekoms besweer sal word.

 

Die Griekse ekonomie is slegs ongeveer 2% van die totale  Eurosone ekonomie en het dus beperkte invloed in Europa.China is egter die tweede grootste ekonomie internasionaal en is dus van kardinale belang vir Suid-Afrika wat grondstowwe uitvoer na China.

Die Shanghai Composite Equity Index het die afgelope 12 maande sterk bewegings getoon deur te styg van ongeveer 2500 punte na 5000 punte om net weer te daal na 3500. Die rede vir hierdie bewegings van die aandele beurs is omdat Chinese voorheen hul persoonlike welvaart  verbeter het deur eiendomme te koop en agv ‘n oorgewaardeerde eiendomsmark, besluit het om eerder beleggings te maak in aandele portefeuljes. Lenings is aangegaan by klein banke (shadow banks) om aandele  aan te koop en gevolglik het die Shanghai Composite Equity Index te vinnig te veel gestyg . Tans is die Chinese regering besig om aandele aan te koop ten einde die betrokke  aandele mark te stabiliseer. Daar moet onthou word dat die Chinese regering aandele besit in van die grootste Chinese maatskappye! Hier is dus nie ‘n vrye mark stelsel in werking nie en is die waardering van aandele waardes is dus slegs ‘n spekulatiewe berekening vir buitestaanders.

Die Bovest beleggingsfondse het wel ‘n klein blootstelling aan die Sjanghaise aandele beurs omdat dit die tweede grootste ekonomie internasionaal verteenwoordig. Die huidige lae pryse van hulpbronaandele in SA bied ‘n goeie koop geleentheid in die sektor en daarom het die Bovest beleggingsfondse wel ‘n beperkte posisie opgeneem.

Ons vertrou dat Augustus wel ‘n beter maand vir ons as beleggers gaan wees! Maak egter seker dat jou beleggings risiko profiel wel jou huidige persoonlike finansiële situasie reflekteer. Indien daar onsekerheid hieroor bestaan moet julle nie huiwer om jou persoonlike finansiële adviseur by Bovest te kontak nie.

 

Riaan Botha

bovest_our_team_riaan_botha

 

Leave a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *