Swart Maandag…. – Wat nou?

Die Suid Afrikaanse markte het gister rooi gesluit met die JSE All Share Indeks wat verswak het met 2.8% tot 47,631.19. Dit was nie net die JSE wat seergekry het nie, maar China (Shangai,-8.5%), Amerika (S&P 500, -3.9%) en UK (FTSE 100, -4.5% ) wat ook sterk af is.

 

 

 

Die rede vir die afwaartse prysbeweging is die aangehou bekommernis oor die Chinese ekonomiese groei wat minder is as oorspronklik verwag en die kommoditeit pryse wat aanhou daal. Die Chinese se vrywillige verswakking van die Yuan het bevraagteken wat die regte stand van die Chinese ekonomie is en of die syfers wat hulle deurgee betroubaar is.

Hoewel  Maandag se gebeure kommerwekkend is, is dit oor die lang termyn net geraas en sal nie ʼn groot impak oor die langtermyn veroorsaak nie. Van 1900 af het die Amerikaanse Mark 35 keer met 10% en meer gesak en die gemiddelde tyd wat dit volledig weer sy oorspronklike waarde was, is 10 maande. Om die mark te probeer “time” is baie moeilik en kan meer skade veroorsaak as groei.

Ons beleggings proses het nie verander as gevolg van die nuus en volatiliteit in die markte nie. Dit is belangrik om wye diversifikasie te hê, ʼn effektiewe portefeulje wat uniek vir die kliënt ontwerp is en konstante, effektiewe bate klas blootstelling. Dit sal beleggers n beter kans gee om hoër opbrengste te genereer terwyl  risiko verminder word.

Vandag het die markte weer sterk terug gekom maar die waarheid is ons weet nie wat volgende gaan gebeur nie. Ons stel voor kliënte bly by hulle gediversifiseerde plan en die markte skommelinge moet nie in ʼn daaglikse, weeklikse of selfs maandelikse lens gesien word nie. Die nuus opskrifte kom altyd in die pad van persoonlike doelwitte. Die enigste tyd wat ons aan kliënte se portefeuljes sal verander is as die kliënt se doelwitte, tyd horison of risiko toleransie verander het.

 

Soos altyd moet asseblief nie huiwer om jou finansiële adviseur te kontak nie.

Leave a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *