Korttermynversekering wenke vir die vakansie

Soos die jaar tot ʼn einde kom maak ons almal reg vir die feesseisoen. Kriminele aktiwiteite tel altyd die tyd van die jaar op en ons moet dus seker maak ons neem die nodige voorsorgmaatreëls as ons op vakansie gaan.

 

 

 

Hier is ʼn paar wenke om in ag te neem voor jy vertrek:

  • Maak altyd seker jy stoor jou polis nommer en kontak nommers op jou foon vir as ʼn voorval sou gebeur.
  • Los ʼn spaar stel huis sleutels sowel as  ʼn kontak nommer en adres by ʼn vertroude familie lid, vriend of buurman.
  • Kanselleer die aflewering van koerante en vra ʼn familie lid of buurman om die posbus leeg te maak.
  • Maak seker dat jou alarm in ʼn in werkende toestand is.
  • Belê in ʼn paar tyd skakelaars sodat ligte self aanskakel. Dit is baie onekonomies om ligte heel dag te laat brand en dit gee weg dat daar niemand tuis is nie.
  • Maak seker enige rekenaars of weerligsensitiewe toestelle uitgeprop is by die muur.
  • Plaas enige waardevolle items en dokumente in ʼn geslote kluis en maak seker dat daar nie ʼn sleutel in die huis is nie.
  • As jy enige kameras, selfone of enige waardevolle items saam neem, maak seker dit is voldoende verseker op die Alle Risiko afdeling van jou polis.
  • Maak seker dat die motor en waentjie waarmee jy ry padwaardig en gelisensieer is.
  • Maak seker jou bestuurderslisensie is nog geldig. Dit is baie waarskynlik dat daar padblokkades in hierdie tyd sal wees.

Julle kan in ʼn noodgeval die volgende nommers skakel:

Discovery Insure: 0860 751 751

Momentum Korttermyversekering: 0860 006 784

Legacy Underwriter Managagers(Santam, Hollard, Mutual & Federal Ens.): 0861 124 3648

King Price: 0860 55 55 23

 

Hiermee wens Bovest julle ʼn geseënde en veilige feesseisoen toe.

Connie du Toit

Leave a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *