Kommersiële Korttermyn Versekering : Bovest en TWK Agri vat hande

Vanaf Julie, het Bovest ‘n kontrak onderteken met een van die leiers in die Kommersiële korttermyn versekering veld: TWK Agri.

 

TWK is ‘n kundige op die gebied en voorsien kliënte met versekerings produkte vanaf 1978. Hoewel hul aanvanklik beperk was tot landbou versekering, het hulle uitgebrei tot ‘n nasionale netwerk wat bekend staan vir hulle uitstekende diens en etiese manier waarop hulle besigheid doen.

Kliënte van Bovest kan dus nou hul finansiële adviseur kontak om n besoek met een van TWK se spesialiste te skeduleer.  Hetsy dit is om te kyk waar kostes moontlik bespaar kan word of om seker te maak dat U gedek is vir alle risiko.

TWK sal die administrateur wees en kan  kwotasies trek en besigheid plaas by meer as 50 versekeraars. Hulle sluit ondermeer die volgende bekende name in: AIG, Santam, Hollard, Mutual & Federal, Zurich, Virseker, Renasa, Auto & General om net ‘n paar te noem. Elkeen van hierdie versekeraars is weer n spesialis in hulle onderskeie industrieë. Deur Bovest en TWK het U toegang tot n wye mark en sal jy verseker wees om die beste moontlike oplossing vir jou spesifieke bedryf en besigheid te ontvang.

By Bovest streef ons voortdurend daarna om die beste moontlike oplossings en diens aan ons kliënte te lewer. Ons is gerus dat die samewerking met TWK ons kommersiële korttermynversekering aanbod sal verbeter en aan die hoë standaarde waaraan ons kliënte gewoond geraak het sal voldoen.

 

Laat weet ons gerus indien U enige vrae of voorstelle het.

Leave a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *