2016 – N Jaar van verrassings en verkeerde voorspellings

Om te se 2016 was ʼn opwindende en moeilike jaar, is lig gestel.  Op elke vlak en in elke industrie het die jaar ons keer op keer onkant gevang.  Van die ergste droogtes in dekades, tot vloedwaters wat groot skade aanrig.  Ons sukses in Rio en op die krieketveld, was oorskadu deur ons nr 1 sport se treurmare.  Om nie eers van die politiek te praat nie.

 

In die beleggings wêreld moes die sogenaamde “kenners” keer op keer om verskoning vra vir verkeerde voorspelling en voortuitskattings.  Dit het die publiek en beleggers met hulle hande in hulle hare gelos.

Hiermee raak ons aan n paar punte wat 2016 een van die moeilikste en onvoorspelbare jare nog gemaak het:

1)     Suid-Afrika se kredietgradering:

Junk rating for SA might be hours away and last years.

S&P Global Ratings scheduled to release review on Friday.

Arabile Gumede, Bloomberg  /  2 December 2016 01:38

 

Daar was algemeen voorspel en verwag dat Suid-Afrika deur S&P afgegradeer gaan word na rommel status. S&P het egter Vrydag ons gradering dieselfde gehou. Dit het weereens baie beleggers verras en die rand nog meer laat versterk. Ek moet egter byvoeg dat hierdie heelwaarskynlik ons laaste kans is om ons huis in orde te kry en groei te bewerkstellig, anders is ‘n afgradering in Junie 2017 ons voorland.

 

2)      Die wisselvalligheid van die Rand:

Na die Nene debakel het die rand aan die begin van die jaar teen amper R17 teenoor die Amerikaanse dollar verhandel.  Verskeie kenners het voorspel dat die rand die R20 vlak sou breek. Tans verhandel die rand rondom R14 teenoor die dollar wat ongeveer 16% sterker is.

rand-dollar-notes

 

 

 

3)Brexit:

Menigte kenners en al wat ʼn nuus kanaal is het voorspel dat Brexit nie ʼn realiteit sal word nie.

Net 25% het dit reg voorspel en 75% van die slimkoppe het dit nie sien kom nie.

brexit-800x500

 

 

 

4) Amerikaanse presidensiële verkiesing:

Net soos Brexit, was dit n uitgemaakte saak in die media: Ja Trump het verras, maar Hillary sal die eerste vroulike president van Amerika word.

Meer as 70% Amerikaners het voorspel dat Clinton sou wen.

En toe Trump uiteindelik wen,  was almal dit eens dat markte skerp sou daal.

160201150128-trump-clinton-split-portrait-exlarge-169

 

 

 

 

As ons terug kyk in die geskiedenis, is daar n paar lesse om te leer as dit kom by voorspellings maak en die impak daarvan. Ons haal graag n paar gesiene manne se woorde aan :

 

“I have never specialised in economic forecasting or market forecasting either.  My own business has largely been based on the principle that if you can make your results independent of any views as to the future you are that much better off.”  Benjamin Graham 1955

 

“It is absurd to think that the general public can ever make money out of market forecasts.” Benjamin Graham

 

Dan weet ons ook ons kan altyd staatmaak op die woorde van die bekendste belegger van alle tye:

0913_warren-buffett_650x455

“I continue to believe that short-term market forecasts are poison and should be kept locked up in a safe place, away from children and also from grown-ups who behave in the market like children.” Warren Buffett

 

“My own investment philosophy has developed around the theory that prophecy reveals far more about the frailties of the prophet than it reveals of the future.” Warren Buffett

 

“I am not in the business of predicting general stock market or business fluctuations.  If you think I can do this, or think it is essential to an investment program, you should not be in the partnership.” Warren Buffett 1966

 

peter-lynch

By Bovest glo ons dus dat dit nie nou die tyd is om groot veranderinge aan jou portefeulje aan te bring nie, maar juis nou by jou lang-termyn strategie en risiko profiel  – soos aan die begin saam met jou adviseer bespreek was, te bly.

 

Groete

Leave a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *