2017 –VOORUITSKATTINGS VIR WELVAARTSKEPPING

 

Vooruitskattings  vir 2017 is afhanklik van faktore wat persoonlike welvaart se waarde gaan vermeerder of verminder. As welvaart bestuurders is Bovest sensitief oor hoe kliënte se welvaart  bestuur moet word ten einde maksimum welvaart groei te vestig volgens kliënte se risiko profiel en verwagtinge. Daar kan verwag word dat die volgende tendense ‘n rol gaan speel:

 

  1. Die internasionale politieke invloed van Brittanje se vertrek uit die Europese Unie asook die verwagte beleidsverandering van die pas verkose President van die VSA, Donald Trump.

 

  1. Die verwagte verhoging van rente koerse in die VSA asook China gaan bate klas sektor rotasie aanhelp deurdat beleggings gaan skuif vanuit die betrokke kapitaal markte na die aandele markte. Die betrokke geldeenhede gaan ook versterk teenoor hul handelsvennote se geldeenhede.

 

  1. Die waarderings agentskappe sal gedurende 2017 voortgesette druk op SA plaas om interne politieke stabiliteit te verkry asook plaaslike ekonomiese groei te verbeter.

 

  1. Die invloed van President Zuma in die ANC en die SA politiek gaan bepaal of vertroue in die plaaslike ekonomie gaan toeneem ten einde beter ekonomiese groei te bewerkstellig.

 

  1. Die stabilisering van kapitale uitvloei uit SA. Gedurende 2016 het buitelanders R127,9 miljard aan die JSE onttrek en R28,5 miljard in die SA effektemark belê. Die netto verskil is ‘n kapitale uitvloei van R99,4 miljard – die meeste nog per jaar.

 

  1. Die rekord hoë pryse van aandele beurse in die VSA bevestig die vertroue in die Amerikaanse ekonomie se groei vermoë. Dit het tot gevolg dat kommoditeite se pryse internasionaal styg en sal kommoditeits aandele in SA se pryse ook verder styg.

 

  1. Goeie plaaslike landswye somer reëns gaan die landbou sektor ekonomies verbeter.

8. Verbeterde ekonomiese groei word hierdie jaar in SA verwag – die afgelope 2 jaar was daar swak ekonomies groei in SA. Met die ekonomiese verbetering in die VSA kan daar verwag word              dat dit sal oorspoel na die ontwikkelende ekonomieë.

 

Leave a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *