Bovest Kliënte Funksies

In Augustus en September het Bovest twee funksies gehou by die Ivory Manor Boutique hotel in Pretoria.  Die hoofdoel van die funksies is om vir ons kliënte dankie te se vir hulle ondersteuning gedurende 2017 en ʼn aand lekker informeel saam te kuier.

 

 

 

Met elke funksie beoog ons ook om goeie sprekers te kry wat ons kliënte met informasie toerus wat hulle kan toepas in hulle strewe na finansiële onafhanklikheid.  Ons doen ook moeite om borge en vennote te kry wat tesame met Bovest die kostes dra op so aand.

Op 22 Augustus het die wynmaker van Hartenberg wynlandgoed Carl Schultz ons Privaat kliënte toegespreek en van hulle eksklusiewe wyne laat proe. Carl het sy kennis en passie oor die proses van wynmaak en die stand van die wynbedryf in Suid Afrika met ons gedeel.  Ons se graag vir hulle algemene bestuurder, Kobus Potgieter en Carl baie dankie vir ʼn onvergeetlike aand.

Ons Premier kliënte was deur Bovest en Prudential batebestuur toegespreek op die 28ste September by Ivory Manor.  Yolandi Olivier van Prudential het met ons die stand van Suid Afrika in vergelyking met die voorste wêreld ekonomie gedeel.  Sy het ook oor belegger gedrag gepraat en die belangrikheid beklemtoon om gefokus te bly op jou langtermyn finansiële doelwit en plan.

Leave a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *