TERUGBLIK: 2017

Aan die einde van ‘n opwindende 2017 wil Bovest al sy kliënte – wat die rede van Bovest se bestaan is – bedank vir julle lojale ondersteuning. Die personeel van Bovest het hierdie jaar weer met bo-gemiddelde toewyding elke dag probeer om die belange van elke kliënt hulle prioriteit te maak.

 

Bovest het die bestaande vertrouens verhouding met sy kliënte uitgebou deur addisionele kundige personeel te werf om die konsep van ‘n “een stop finansiële dienste” te vestig. Die werwing van kundige personeel sal voortgesit in word om aan die finansiële behoeftes van kliënte te voldoen.

Die jaar 2017 was ‘n suksesvolle jaar waarin Bovest die finansiële pad saam met sy kliënte gestap het om hulle persoonlike welvaartsplanne op te dateer volgens hulle unieke behoeftes en te implementeer. “My Welvaartplan” is ‘n persoonlike plan vir elke kliënt wat met die hulp van die Bovest-span welvaart skep.

Bovest wil graag vir elke kliënt en sy/haar geliefdes ‘n Geseënde Kerstyd toewens en ons bid dat 2018 voorspoedig vir ons almal sal wees.

Leave a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *