Beleggings deur moeilike tye

Die beleggingsproses

Die proses om in die finansiële markte te belê kan vir die meeste mense uitdagend en ingewikkeld lyk. Hierdie proses kan vergelyk word met die meganika van ‘n windpomp – ‘n bekende gesig en konsep vir die meeste Suid-Afrikaners.

 

Finansiële markte beweeg soos die wind – onvoorspelbaar en veranderlik. Hulle dryf jou onderliggende beleggings (die wiel
van die windpomp), en het dus ‘n direkte invloed op die opbrengs wat jy op jou belegging verdien (die water wat gepomp
word). Die opbrengs word by jou beleggingswaarde bygevoeg (water in die opgaartenk). Jy kan geld uit jou belegging
onttrek – hetsy op ‘n ad hoc basis, of in die vorm van ‘n gereelde inkomste. Onttrekking kan jou beleggingswaarde
verminder (soos water wat by die kraan uitgetap word), veral indien jou onttrekkingsbedrag hoër is as jou beleggingsopbrengs.
In swak markomstandighede kan jou belegging ook waarde verloor (die tenk kan kraak en water kan uitloop).

 

Kom ons bekyk die analogie van naderby.

Die hoeveelheid water wat gepomp word, word deur die wind sowel as die grootte van die windpomp se wiel bepaal. Jou beleggingsopbrengs word op dieselfde wyse
deur die finansiële markte en jou keuse van onderliggende beleggings bepaal.

Met ‘n hoër windspoed, kan meer water gepomp word.  Soortgelyk kan hoër beleggingsopbrengste in goeie markomstandighede verdien word.

Jy kies die mees geskikte wielgrootte vir jou windpomp.  As ons by die vergelyking hou, is jy verantwoordelik vir jou keuse van onderliggende beleggings.
Kom ons veronderstel dat ‘n groot windpompwiel ‘n aggressiewe onderliggende beleggingskeus verteenwoordig, en ‘n kleiner wiel ‘n meer konserwatiewe een verteenwoordig.

 

Wat is beleggingshuis se rol in jou belegging?

Die beleggingshuis of platform word deur die windpomp as geheelverteenwoordig. Dit is die masjien wat jou help om water te pomp, net soos ons beleggingsplatform die
plek is waar jou belegging gehuisves word. Die onsigbare dele (soos die skag, ratte en pompsilinder), verteenwoordig hulle administrasie en verkope spanne. Hulle is deurslaggewend daarin om seker te maak dat jou belegging soos beplan funksioneer. Hulle taak is om te sorg dat jou instruksies korrek uitgevoer word; dat die wiel van jou keuse aan jou verskaf word, en dat die kraan betyds oopgedraai word, sou jy ‘n bietjie water vra.

 

BOVEST: ‘n deurslaggewende vennoot

Jy kan aan jou finansiële adviseur dink as die landboukonsultant in hierdie vergelyking. Alhoewel hy nie die wind kan beheer nie, kan hy jou beslis help om die beste moontlike resultaat in enige omstandighede te behaal.
Hy help jou om beleggingsopsies te kies wat die beste by jou behoeftes, beleggingsdoelwitte en risiko-toleransie pas.  Hy sal jou ook help om jou belegging gepas te bestuur.  Dit behels besluite oor die verandering van jou onderliggende beleggings om by jou behoeftes en die markomstandighede te pas, sowel as besluite oor onttrekkings – om te verseker dat jy maksimum voordeel uit jou beleggingsopbrengste trek, terwyl daar steeds aan jou finansiële behoeftes voldoen word.

 

Bron: Glacier van Sanlam

Leave a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *