Welvaart wenk

‘n Wenk om jou welvaart te vermeerder is om jou eie onderneming te begin.  Hier volg ‘n paar gedagtes wanneer jy beluit het om jou passie te koester.

 

 

 

Indien jy beplan om ‘n inkomste te skep deur ‘n besigheids geleentheid te vestig, kan die surplus fondse wat jy het, aangewend word om jou welvaart te verbeter. Om suksesvol hiermee te wees is daar verskillende maniere hoe om dit te doen. Koester jou passie deur die regte besigheidsgeleenheid te kry waardeur jy jou persoonlike vaardighede en belangstellings kan uitleef. Onthou dat die eerste 3 jaar van jou besigheid se bestaan seker die moeilikste tydperk sal wees en daarom moet jy jou beplanning deeglik doen. Aanwysers wat jou moontlik kan help om te begin is:

• Waaraan dink jy as jy ontspan?
• Watter onderwerp laat jou vinniger loop as jy op pad is na ‘n spesifieke boekrak in ‘n boekwinkel?
• Watter webtuiste besoek jy gereeld?
• Wat laat jou hart vinniger klop as jy daaraan dink met ander woorde “wat laat jou tick?”
• Daar moet ‘n mark/vraag wees vir jou produk of diens wat jy wil lewer. Om daarme te help is dit goed om te luister na wat mense se onmiddelike behoeftes is.
• Wees realisties met wat jy kan lewer – moet egter nooit ophou droom nie!

 

Jy kan moontlik in ‘n gevestigte beroep wees maar jy het jou passie verloor vir wat jy tans doen en sukkel om gemotiveerd in die oggend op te staan om te gaan werk. Elke persoon se situasie verskil en individueel sal daar ge-oordeel moet word of daar ‘n beroepsverandering moet plaasvind. Onthou egter dat ‘n passielose lewe ‘n vervelige bestaan is – nie net vir jouself nie maar ook vir almal wat na aan jou lewe!

Leave a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *