HOE GEMAAK IN HIERDIE DINAMIESE TYE?

Maak vas julle emosionele veiligheidsgordels gedurende die maande wat ‘n algemene verkiesing voorafgaan! Dit is ‘n realiteit soos om ‘n kers en vuurhoutjies tydens beurt krag in jou huis by der hand te hê. Voeg hierby die finansiële markte wat gedurende 2018 in ‘n diepe winterslaap – sonder die verwagte groei – ingedut het en jy besef ons beleef dinamiese tye!

 

Dinamiese tye toets ons persoonlike welvaartplanne of dit beantwoord aan die doelwitte wat ons vir ons en ons families opgestel het. Die geskiedenis het geleer dat dit nie nou die tyd is om emosionele wysigings aan welvaartplanne aan te bring nie. Let wel op hoe gebeure jou persoonlike kort en lang termyn doelwitte beinvloed. Gevolglik kan wysigings aan welvaartplanne tydens die jaarlikse hersiening daarvan, aangebring word.

 

Wat is die verwagte uitwerking van dinamiese tye op jou welvaartsplan?

• Die goeie bate-bestuurders gaan waarde toevoeg tot beleggingsportefeuljes;
• Die groei bate-klasse nl aandele en gelyste eiendom, reflekteer die verwagtinge en vrese van beleggers;
• Emosionele besluite vernietig bestaande welvaart; en
• Die veiligheidsnet wat ingebou is om jou welvaart te beskerm, word getoets.

 

 

Indien jy onseker is of jou bestaande welvaartsplan geskik is om aan jou persoonlike doelwitte te voldoen, moet jy nie huiwer om ‘n afspraak te maak met jou Bovest-welvaartbestuurder nie.

Leave a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *