Algemene Verkiesing en jou Welvaart.

Enige algemene verkiesing is ‘n belangrike gebeurtenis in ‘n demokrasie.  Suid-Afrika (SA) is ‘n jong demokrasie en dit is verblydend dat die verkiesing gaan plaasvind in die periode soos in die Grondwet beskryf.

 

Pogings deur politieke partye om meer stemme te werf deur soms onrealistiese politieke en ekonomiese beloftes te maak, skep verwagtings by kiesers.

 

Die verwagting om meer welvaart te skep, is hoofsaaklik die basis waarop alle politieke partye bou in ‘n poging om stemme te werf. Verskillende metodes om genoemde welvaart na die kiesers te bring verskil van party tot party. Ongelukkig is die realiteit dat die huidige beleggings klimaat in SA somber is omdat daar ’n wag en sien benadering deur beleggers gevolg word. Wie die algemene verkiesing gaan wen en met watter meerderhede sal bepalend wees vir die belegging stemming.

 

Hoe kan die belegging stemming na afloop van die verkiesing verbeter?

  • Politieke stabiliteit asook ‘n ekonomiese beleid wat pro-groei is, sal internasionale beleggers terug lok na SA. Sedert September 2013 het buitelandse beleggers na raming R 450 biljoen uit SA se aandele en kapitaalmarkte onttrek.
  • ‘n Rentekoers verlaging sal groei in die kapitaalmarkte veroorsaak asook prysstygings van kwaliteit aandele op die JSE.
  • Die welvaart van alle beleggers in die SA sal verbeter indien daar groei plaasvind in die groei bateklasse nl aandele en gelyste eiendom.

Leave a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *