Black Swan en jou Finansiële Drome

Onthou jy die dag toe jy jou eerste inkomste ontvang het – jy het gedroom wat jy wil doen met jou swaar verdiende geldjies. Die wat al meer maandelikse inkomstes ontvang het as die jongeres onder ons, het alreeds van hul finasiële drome sien waar word soos die aankoop van ‘n huis by die see of ‘n bosveldplaas.

Met die Bovest 6-Stap Finansiële Plan neem ons kliënte stap vir stap om hul finasiële drome te bewaarheid. Wanneer ‘n Black Swan gebeurtenis soos die Covid 19 onverwags plaasvind, raak dit jou drome. Hoe hanteer jy ‘n Black Swan gebeurtenis?

Dit is belangrik om die volgende te onthou:

  • ‘n Black Swan gebeurtenis kom meer as een keer in jou lewe as ‘n inkomste verdiener voor.
  • Aanvaar dat jou inkomste ook geraak sal word deur die gevolge van ‘n Black Swan gebeurtenis en dat persoonlike emosionele intelligensie nodig gaan wees om daarby aan te pas.
  • Die geskiedenis het bewys dat persone wat basiese finansiële beginsels toegepas het, vorige Black Swan ervarings oorleef het. Persone wat die geleenthede wat hierdeur geskep is, benut het, het finansieel sterker geword.

Bovest vergader gereeld met ons fondsbestuurders om te verseker dat beleggers se beleggings aangepas word by veranderende omstandighede. Hierdie Black Swan gebeurtenis beklemtoon weereens dat jy professionele welvaartbestuurders soos Bovest nodig het om jou finansiële drome uit te leef .

Dr Riaan Botha, D.Phil, AFP

2 thoughts on “Black Swan en jou Finansiële Drome”

Leave a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *