Opening van kantore in die Wes-Kaap

Dit is met groot opgewondenheid dat ons die nuus van ons nuwe kantoor met julle, ons kliente deel. Op Vrydag die 4de September het ons die deure van ons kantoor in Stellenbosch offisieel geopen. Ons het n hele paar opsies oorweeg en het op die ou einde die perfekte plek met n baie goeie ligging gekry. Ons kantoor is geleë op die hoek van Dorp en die Laan straat in die ou “Landbousaal” reg langs die 1ste Rivier en oorkant Paul Roos Hoërskool. Dit is baie maklik om te vind: As jy van die hoofpad – R44 (Strand straat) in Dorp straat indraai, hou jy reguit aan vir ongeveer 2 km tot en met Dorpstraat eindig en skerp regs draai. Wanneer jy dan regs draai sal jy die parkeer area sowel as die wit alleenstaande gebou voor jou sien – ons ingang is aan die regterkant van die gebou.

Geo, een van ons welvaart bestuurder woon permanent in Stellenbosch en ons nooi al ons kliente uit om ‘n afspraak by hom, of jou persoonlike adviseur te maak om ons kantore te kom beskou as jy in die omgewing is. Ons voel dat die rol van n kantoor die afgelope jaar verander het: Dit is nie meer slegs n plek om by te werk nie – dit is iets wat mens by die huis kan doen en meeste maatskappye en werknemers het redelik maklik die aanpassing gemaak. Wat wel weer duidelik geword het gedurende die “Lockdown” tydperk is dat mense n behoefte  aan n gemeenskap het en interaksie met ander, soortgelyke mense verlang. Ons kantore is dus meer as n werksplek, maar eerder n plek van samekoms en ons nooi julle ook uit dat indien julle vergaderings of intieme funksies in Stellenbosch wil hou, dat julle van ons fasiliteite gebruik maak.

Gaan besoek gerus ons Facebook of Instagram bladsye vir meer fotos.

Ons hoop ons sien julle gou daar.

Laat weet gerus indien julle verdere vrae het.

Geo Botha B.Com Honours, CFP ®

3 thoughts on “Opening van kantore in die Wes-Kaap”

Leave a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *