Welvaartskeppers – Deur Dr Riaan Botha

Die nuus waaroor Bovest al die afgelope paar maande geheimsinnig is, is nou in die openbare oog. Dit is die publikasie van ‘n nuwe boek! ‘n Boek wat die leser se welvaartskeppings kennis baie gaan verbeter.

Die vraag wat seker die meeste Suid Afrikaners vra is: “Waarom is sekere persone meer suksesvol om welvaart te skep?” In die soeke na die antwoorde op hierdie vraag het Bovest oor ‘n tydperk van jare suksesvolle welvaartskeppers genader om te hoor wat hul geheime resep vir hul welvaartskepping sukses is.

Daar is uiteindelik 68 sukses strategieë van suksesvolle welvaarskeppers geidentifiseer wat ter boek gestel is en wat die leser se lewe gaan verander. Die sukses stories van 14 Suid Afrikaners wat welvaart in verskillende sektore van die ekonomie geskep het, word ook vertel en kan as voorbeeld dien vir elke leser wat self toekomstige welvaart wil skep.

Die boek “Welvaartskeppers” sal by alle gerespekteerde boekwinkels regoor Suid Afrika vanal 16 November te koop wees. Die skrywer is ek Riaan Botha en die mede skrywers is PJ en Geo Botha.

Dr Riaan Botha, D.Phil, AFP™

10 thoughts on “Welvaartskeppers – Deur Dr Riaan Botha”

Leave a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *