Dankie vir voortgesette ondersteuning in 2020.

Ons wil vir elke persoon wat deel was van Bovest se aktiwiteite gedurende 2020 bedank vir julle voortgesette ondersteuning gedurende hierdie moeilike Covid-tydperk. Dit is met dankbaarheid dat Bovest kan aankondig dat ons as ‘n besigheid hierdie jaar bogemiddeld gegroei het in nuwe kliente getalle sowel as kapitaal onder advies.

Aan die einde van die jaar moet ons ekstra tyd maak om met geliefdes te kuier en ons self te bederf deur iets te doen wat vir onsself “lekker” is. Dit is ook gedurende hierdie tyd wat ons moet  onthou hoeveel persone skade gely het in die Covid-tydperk en indien dit binne ons vermoëns is om te help om hul sorge te verlig.

Gedurende die Kerstyd gedenk ons weer Christus se geboorte asook Sy liefde vir ons as mense. Mag julle ‘n Gesëende Kersfees beleef asook ‘n voorspoedige 2021!

Dr Riaan Botha, D.Phil, AFP™

Foto: Photo by Tima Miroshnichenko from Pexels

2 thoughts on “Dankie vir voortgesette ondersteuning in 2020.”

  1. S.S.(Mof) LemmerThe Retreat

    Riaan,
    Aan jou en die personeel, baie dankie vir al die ondersteuning, advies en hantering van my belegging en die gereelde terugvoering van resultate. Dit word hoog op prys gestel. Geniet die Kersfees en mag die nuwejaar nuwe hoogtes bereik en verrassings meebring.

Leave a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *