Pensioen is nie vir “ou mense” maar vir “slim mense”.

Dit is ‘n gewilde onderwerp om met vriende te gesels oor loopbaan beplanning en die skole wat vir die kinders se skoolloopbane oorweeg word. Wanneer ons meer ontspanne is praat ons graag oor die moontlikhede van waar ons beplan om vakansie te hou te midde van Covid-realiteite. Daar word egter min gepraat oor waar ons beplan om ons jare as pensioenarisse te  gaan geniet en watter begroting ek daarvoor gaan benodig!

Hoe jonger ons begin praat oor aftrede en wat ons beplan om te doen gedurende hierdie tydperk, hoe meer keuse is beskikbaar. Met die verbeterde mediese wetenskap word die moontlikheid van semi-aftrede ook ‘n al hoe gewilder lewensfase waartydens persone ‘n verminderde aantal ure per week werk. Rekenaar tegnologie maak dit ook moontlik om deur middel van die internet in enige plek in die modern wêreld ekonomie te bly en te werk.

Die realiteit van aftree beplanning word dikwels agterwëe gelaat. In die volgende aantal uitgawes van Bovest se nuusbrief gaan ons saam met ons lesers hierdie belangrike lewensfase bespreek en hoe ons daarvoor moet beplan. Stuur asseblief vrae wat in jou gemoed is aan admin@bovest.co.za. Die vrae sal annoniem hanteer word.

Moontlike vrae:

  • Wanneer begin ek bydrae tot my pensioenfonds;
  • Hoeveel van my maandelikse inkomste moet ek bydrae;
  • Tree ek af in my werksomgewing of tree ek af by die see of in die bosveld?

Dr Riaan Botha, D.Phil, AFP™

Photo credit: Monica Silvestre from Pexels

1 thought on “Pensioen is nie vir “ou mense” maar vir “slim mense”.”

  1. Justiaan du Plessis

    Beste Riaan,

    Hou mens aan spaar terwyl jy reeds in aftrede is?
    Wat van om steeds to die UA by te dra tydens jou pensioen fases?

Leave a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *