Dink Nuut – Verhoog jou Inkomste!

Gedurende vroue maand onthou ons almal met heimweë aan die rol wat vroue in elkeen van ons se lewensverhale gespeel het. Baie van ons onthou hou ons moeders asook ons eggenotes hulle self tekort gedoen het om aan ons, die kinders of hulle huweliksmaats, die nodige te voorsien. In baie gevalle het dit ekstra tyd en energie  geverg om die gesin se inkomste te verhoog.

“Dink nuut wanneer jy jou inkomste wil verhoog” was gewoonlik die gedagte gang wat by suksesverhale teenwoordig is. Daar is gewoonlik iets anders gedoen as die gewone alledaagse sleur aktiwiteite wat nie veel aandag getrek het nie. Daar is ook ‘n kopskuif gemaak om nie vir die staat of ander groot rols[pelers in die ekonomie te wag voordat daar oorgegaan is tot aksie nie. Nee, inisiatiewe is geneem om dienste aan die gemeenskap te lewer of produkte te skep om behoeftes wat bestaan, te vul.

In die boek ”Welvaartskeppers – Strategieë wat jou lewe kan verander” is die volgende suksesverhale van vroue wat hul inkomstes verhoog het deur nuut te dink:

Sanet Swanepoel – “Wees onmisbaar vir jou kliënt”

Celest Khumalo- “Sy het op laerskool begin woeker”

Naomi Butow- “Geen spanbou asseblief!”

Cheryl Nesbitt- “Kliëntediens onderskei jou van die trop”

Marlie Coetzee- “Hoe om ‘n steriotipe te verpletter”

Vicky Botha- “As jou passie jou produk is”

Suzaan van Biljon- “Moenie jouself tot breekpunt druk nie”

In hierdie maand se nuusbrief wil Bovest alle vroue wat ‘n inkomste verdien, versoek om indien hulle vrymoedigheid het om wenke te deel met lesers van hierdie nuusbrief om dit in te stuur na admin@bovest.co.za. Bydraes sal annoniem hanteer word.

Dr Riaan Botha, D.Phil, AFP™

Photo by Christian Dubovan on Unsplash

Leave a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *