Mark Terugvoer

Inleiding:

In ons vorige nuusbrief het ons genoem van die onluste wat min invloed op welvaartskepping gehad het en hierdie maand bevestig weereens dat die onluste eerder Suid Afrikaners verenig het as wat die afkoop om SA markte veroorsaak het. Dit is veral kliente wat na aan hul aftrede is wat besorg was oor die potensiële skade aan hul aftree fondse se waarde.

Positiewe gebeure van die afgelope maand wat jou welvaart raak:

  • Die plaaslike Inflasie koers het van 4.9% in Junie gedaal tot 4.6% in Julie – die laagste die afgelope 3 maande.
  • Die beplande veldtog vir 23 Augustus om Suid-Afrika tot stilstand te bring was ‘n “no show”gewees en daarom misluk.

Negatiewe gebeure wat jou welvaart raak:

  • Die JSE se aandele pryse sowel as die sterkte van die SA Rand is negatief geraak deur bespiegelings in die VSA dat hul finansiele aansporings -pakket afgeskaal gaan word agv die stygende inflasiekoers Tans 5.4%
  • Gebeure wat die sterkte van die SA geldeenheid en JSE negatief raak, is slegs 30% SA gebeure en 70% eksterne gebeure soos in die VSA en China.
  • Die moontlike Styging van die Amerikaanse rente koerse om die bestaande hoë inflasie in die VSA te laat afneem, sal pryse of aandelebeurse wêreldwyd laat daal.

Invloed van inflasie: As inflasie te laag is, Aandele markte bekommerd dat daar nie genoeg prys bedinging (pricing power) is nie.

As inflasie te hoog is bestaan die moontlikheid dat die koers van effekte kan spike wat dan druk sal plaas op aandele pryse.

Nuwe min van Finansies, Enoch Godongwana sal in die komende maande getoets word oor hoe hy die surplus belasting inkomste, wat verkry is deur die styging van die hulpbron pryse. gaan gebruik.  Gaan die bestaande tekort van 6 % – 7% op die begroting te verklein of gaan dit aangewend word as ‘n staatsuitgawe?

Slot: Daar is geen kort paaie om standhoudende en bo gemiddelde beleggingsgroei te verkry nie. Een van die belangrike benaderings wat Bovest navolg is om welvaartskepping vir ons kliënte te verseker is om fondsbestuurders te gebruik wat soekend na geleenthede is om nuwe beleggingswaardes te ontsluit.

Dr Riaan Botha, D.Phil, AFP™

Photo by Markus Winkler on Unsplash

Leave a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *