Wynproe, fondsinsameling terugvoer.

Op Donderdag, 9 September het Bovest saam met van ons vennote n virtuele wynproe vir kliënte regoor die land gehou. Daar was meer as 200 mense wat ingeskakel het om die wynproe by te woon, met een doel voor oë – om geld in te samel vir ons kollega, Marizelle en haar gesin wat deur n ongelooflike moeilike tyd gaan die afgelope paar maande. 

Die fondsinsameling projek het ons verwagtinge oortref!

Ons wil baie dankie aan elke persoon se waardevolle bydrae wat gaan help om die finansiële las vir die Labuschagne gesin ligter te maak. Die Bovest Labuschagne fondsinsamelings projek in samewerking met Atterbury Trust is baie dankbaar dat ons meer as R120 000-00 kon insamel.  Ons ambisieuse teiken van R100 000 is gehaal en oorskry.

Die fondse sal beslis van hulp wees vir die volgende uitgawes van die Labuschagne gesin:

  • Uitstaande bloedtoetse en Covid rekeninge
  • Chroniese medikasie vir Diarlo sowel as Diandre
  • Maandelikse mediese uitgawes

Ons wil ook baie dankie se aan ons vennote wat dit moontlik gemaak het:

  • Kleine Zalze Wynlandgoed. Wat hulle kennis met ons gedeel het die RJ Botha die Kelder meester asook Carina Gous, die hoof van bemarking.  Hulle het ook as gasheer van die proe ingestaan, gehelp om die wyn uit te stuur en ook vir Bovest en sy kliënte spesiale afslag op hulle wyne gegee.
  • Sanlam Glacier. Wat hulle tegnologie aan ons beskikbaar gemaak het om landswyd die funksie uit te saai. Ook vir Francis Marais vir uitstekende samevatting van die ekonomiese toestand van SA asook Internasionaal
  • Die Atterbury Trust. Hulle het bygestaan met die fasilitering van alle bydraes tot die Labuschagne gesin. (Asook hulle 18A sertifikaat vir belasting doeleindes)

As Bovest is dit vir ons belangrik om terug te gee aan die gemeenskap en ons het onlangs Melize Botha aangestel om as hoof van die afdeling van Bovest. Ons sien uit daarna om in die toekoms gesamentlik met ons kliente aan soortgelyke projekte te kan werk en so ‘n verskil te maak in ons gemeenskap.

“Challenges are what make life interesting and overcoming them is what makes life meaningful” – Joshua J Marine

Meer Inligting oor die Labuschagne gesin:

Diandré Labuschagne is gediagnoseer met Serebrale Gestremdheid (Spastiese Kwadrupleeg) (Spastiese kwadrupleeg, ook bekend as “spastic quad of spastic quad CP”, is ‘n vorm van serebrale gestremdheid wat die ‘verlies aan gebruik van die hele liggaam’ beteken. Dit is die ernstigste van die drie tipes spastiese serebrale gestremdheid, gekenmerk deur die onvermoë om die bene, arms en liggaam te beheer en te gebruik. [Paraplegie en Quadriplegie])

DIE STORIE
Marizelle Labuschagne het vir Diandrè Labuschagne in die lewe gebring op 4 April 2020. Die ondersoek op 35 weke by die ginekoloog het die Labuschagne gesin se hele lewe verander. Die sonar toon toe ‘n 6 cm gewas aan die regterkant van Diandrè se brein. Hulle was aanbeveel om ‘n fetale ondersoek te doen en die uitslag van die fetale assessering het aangedui dat dit heel waarskynlik ‘n stil geboorte sal wees of die moontlikheid van ‘n paar uur se oorlewing. Tot almal se verbasing is Diandrè lewendig gebore en is hy onmiddellik opgeneem in NICU. Op 6 April 2020 is ‘n MRI skandering gedoen wat toon dat die gewas op die regterkant van sy brein baie groot is en dat sy prognose nie baie goed lyk nie. Spesialiste het Diandrè slegs 7% kans op oorlewing gegee in die eerste 24 uur, maar hierdie klein vegtertjie staan steeds sterk. Op 25 Julie 2020 was Diandrè in teater vir sy eerste kraniotomie operasie om die gewas op sy brein te verwyder. Dit is bevestig dat dit intrakraniale bloeding was, wat waarskynlik veroorsaak was deur ‘n beroerte wat ‘n infeksie veroorsaak het wat na sy hele brein versprei het en Diandrè met ernstige breinskade gelaat het. Hy is gediagnoseer met Spastiese Serebrale Gestremdheid met kortikale gesigsgestremdheid (blind) , ernstige gehoorverlies, multi fokale epilepsie en erge slaap apnee. Diandrè kan ook glad nie huil of emosies toon nie.

Diandrè en sy ouer boetie Diarlo Labuschagne het beide `n immuun gebrek wat veroorsaak dat hulle baie vinnig enige virusse opdoen. Behandeling, mediese onkostes en finansiële uitdagings is vir die Labuschagne gesin ‘n voortdurende uitdaging in hulle poging om Diandrè se ongemak en kwaliteit van lewe te verbeter. Ons as Bovest wil graag die Labuschagne gesin ondersteun deur middel van hierdie fondsinsameling. Elke bydrae, sal help om ‘n reuse verskil in hulle lewens te maak.

Hiermee die bankbesonderhede indien jy n bydrae te maak:

Account: Atterbury Trust
Account No.: 1497004187
Bank: Nedbank Limited
Branch: 198765
Ref: Bovest, Jou Naam

Indien jy die Funksie gemis het, kan jy hier na dit kyk: https://sanlam.zoom.us/rec/share/r-43mwGEwgO3wKw-6swzdYOfeRovir5KP5cTvHNITRAIBH834fNX3V7hQkMpaTWK.8LGLKpdoE2OPoMjR  
Passcode: e0H+@8r=

Baie dankie.

Geo Botha B.Com Honours, CFP ®

1 thought on “Wynproe, fondsinsameling terugvoer.”

  1. Baie geluk met en dankie vir die fondsinsameling vir die Labuschagne -gesin. Dit was n wonderlike en geseende uitreik na die gemeenskap.

Leave a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *