Hoe raak Omicron jou Aftree Beplanning?

Indien daar nog iemand is wat kon glo dat finansiële beplanning vir die toekoms sonder enige Black Swan gebeure moontlik is, is wreed ontnugter oor wat die afgelope dae internasionaal gebeur het. ‘n Mediese ontdekking van ‘n nuwe virus deur knap medici in Suid Afrika het veroorsaak dat ons internasionaal geisoleer en gevolglik ekonomies benadeel word!

Gedurende onseker tye is dit nodig om jou Aftreeplan aan te pas by die nuwe ekonomiese werklikhede. Jou Aftreeplan stel jou instaat om ‘n omvattende oorsig te ontwikkel van wat jy in jou lewe wil bereik asook om ‘n plan op te stel oor hoe om dit te bereik.

Met hierdie gestrutureerde plan word jy nou instaat gestel om verskillende faktore soos surpluses, tekortte en noodsituasies te bestuur. Hierdie plan stel jou instaat om jou aftree doelwitte te behaal. Bykomend neem jy beheer oor jou kontantvloei, jou verdienstes en jou uitgawes en jy is bewus van hoeveel risiko jy moet neem met groei bateklasse in jou beleggingsportefeulje ten einde jou voor opgestelde doelwitte te behaal.

Die finansiële gevolge van die afgelope paar dae se gebeure sal verskillend deur Suid Afrikaners beleef word, afhangend in watter sektor van die ekonomie hulle werksaam is. Byvoorbeeld sal internasionale toerisme negatief geraak word en die betrokke persone sal hul aftree planne dien ooreenkomstig moet aanpas deur te sny op uitgawes of om inkomste te verdien in ander sektore van die ekonomie. Daar kan ook ‘n aanpassing gemaak word deur die aftree datum uit te stel.

Onthou, onseker tye soos die Omicron-gebeurtenis, bied geleenthede aan welvaartskeppers om hul inkomstes te verhoog deur positief te dink en nuwe inkomste geleenhede te benut.

Dr Riaan Botha, D.Phil, AFP™

Photo by Anton Uniqueton from Pexels

Leave a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *