Wenke vir Welvaartskepping in 2022

Dit is menslik om aan die begin van ‘n nuwe jaar planne te maak om jou persoonlike drome vir die nuwe jaar uit te leef. Die mees gewilde onderwerp is ons voorkoms – die meeste mense wil die Desember vetjies verloor om ‘n maerder voorkoms te kry! Wat van ‘n “vetter” beursie?

 Welvaartskepping word beinvloed deur die prestasie van die finansiële markte sowel as menslike optrede. Die volgende wenke kan jou moontlik help om ‘n “vetter” beursie te kry.

Wat die finansiële markte aan betref:

  • Aandele markte wêreldwyd is op rekord hoë vlakke en nuwe  aankope van aandele geskied teen hoë Prys-Verdienste vlakke. Die belegger moet hul huiswerk doen om seker te maak dat hy/sy nie te veel vir nuwe beleggings betaal nie.
  • Die inflasiekoers in die VSA is hoog en die mootlikheid bestaan dat die Federale Bank rentekoerse gedurende 2022 kan verhoog – wat druk op die prys van aandele internasionaal  sal plaas.
  • In Suid-Afrika het die Reserwe Bank onderneem om rentekoerse hierdie jaar stelselmatig te verhoog.
  • Aanwysers in die SA ekonomie toon dat die ekonomie herstel na die terugslae van die Covid-pandemie sowel as die onrus van Julie 2021.

Wat menslike optrede aan betref:

  • Maak seker dat jy nie deel word van die kudde-gevoel en te hoë pryse vir nuwe beleggings betaal nie.
  • Beplan jou finansiële welvaart sodat jy onbeplande terugslae kan oorleef.
  • Moet nie te veel risikos neem sonder dat daar ‘n noodfonds in plek is nie.
  • Maak gebruik van die “sewende wonder van die wêreld”, nl saamgestelde rente om jou welvaart te laat groei.
  • Aanduidings is dat die politieke gevegte in die ANC hierdie jaar sal voortduur – maak egter seker dat jy jou welvaartskepping besluite basseer op finansiële feite en nie op politieke bang maak stories nie.
  • Maak gebruik van die kundige finansiële adviseurs by BOVEST om jou te help om persoonlike welvaart te skep.

Dr Riaan Botha, D.Phil, AFP™

Photo by Towfiqu barbhuiya from Pexels

Leave a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *