Het jy daardie groot idee nodig om welvaart te skep?

Ek is van die opinie dat idees se waarde oorskat word.

Almal hou daarvan want dit voel as jy daardie groot idee kry, dan gaan jy suksesvol wees.

Dit is soos om die lotto te wen of om daardie pil te drink wat jou uiteindelik maer maak.

So al wat jou eintlik terughou van jou miljoene en droomwerk is die feit dat jy nog nie daardie groot idee ontdek het nie.

Hierdie fokus op die maklike resep, weerhou ons om stappe te neem wat ons drome realiteit kan maak.

So almal wag vir daardie groot idee om op te duik, maar die realiteit is, dat meeste suksesvolle besighede is gebou op ander idees en ontwikkeld was oor tyd.

In die reeks wat ons aanbied, Welvaartskeppers, het ons onderhoude gehad met Versus Socks en Nico van Aardt oor hierdie vraag.

Beide van hulle het in hulle bestaande industrieë ondersoek en gekyk of daar potensiaal is om dit te verbeter.

Om meer innoverend op te tree en uitvoerbaarheid te verbeter, het hulle laat uitstaan bo hul kompetisie.

Op die ou einde was die idee nie wat die groot verskil gemaak het nie, maar die uitvoerbaarheid daarvan.

Steve Jobs het ook gesê: “ To me, ideas are worth nothing unless executed. They are just a multiplier. Execution is worth millions.”

So die fokus moet eerder skuif na uitvoerbaarheid van idees.

Praktiese advies vir jou eie besigheid en loopbaan om die omskepping van idees werklikheid te maak:

  • Vra ander kenners in jou industrie vir goeie advies. Hulle kan jou dalk ander insig op die probleem gee.
  • Hoor wat is die kliënt se behoeftes. Ons is partykeer so vasgevang in ons eie idees, dat ons vergeet van die eind verbruiker. 
  • As jy ‘n groot idee het, stel vir jouself mylpale wat bereikbaar is. Baie keer kom groot veranderinge in klein stappies.
  • Belangrikste van alles: Begin om uit te voer. Dit is hoe jy ‘n groot idee realiteit maak.

Meeste oornag sukses stories, lyk van buite af of hulle groot idees gehad het wat hulle oornag suksesvol gemaak het.

Maar niemand sien die jare se vervelige werk agter die skerms nie.

Fokus op uitvoerbaarheid. Dit is nou ‘n groot idee wat kan werk.

PJ Botha CA(SA), CFP ®

Leave a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *