Ouer persone en hul finansiële behoeftes.

Soos wat ons lewensverwagting verhoog, speel ‘n ongekende groot hoeveelheid ouer mense nog ‘n belangrike rol in die ekonomie en baie ondervind ‘n beduidende verandering in hul finansiële behoeftes. Is ons gereed vir hierdie finansiële scenario?

Ouderdom speel ‘n belangrike rol in die finansiële bedryf. Dink maar aan die groter rente-vrystellings waarop ouer belastingbetalers geregtig is en die baie aftree-produkte wat al van ouderdom 55 jaar af beskikbaar word.

As finansiële adviseurs ervaar ons ook dat faktore anders as ouderdom ‘n rol speel, soos persoonlike leefstyl en ‘n positiewe lewensuitkyk. Die volgende is interessante verskynsels:

• Talle mense wat tussen 60 en 65 afgetree het, het besluit om ‘n ekstra inkomste te verdien deur dienste te lewer op grond van hul professionele kennis. Hierdie inkomste word meestal gebruik om te reis of ander ervarings te beleef waaroor hulle tydens hul werkende loopbaan net kon droom.

• Sommige verkies weer om die laaste datum waarop hulle ‘n inkomste kan verdien uit te stel. Hulle volg die benadering om voort te gaan om ‘n inkomste te verdien solank die telefoon lui en kliënte hul kennis of dienste dienste benodig.

• As mens in gedagte hou dat Warren Buffet op ouderdom 50 slegs 1% en op ouderdom 60 net 10% van sy huidige bates besit het, is die besluit om aan te hou werk en die voordeel van saamgestelde rente in jou guns te laat werk ‘n geldige een.

• Laastens speel die lewens-ingesteldheid van mense tydens aftrede ook ‘n rol in hoe hulle hierdie belangrike fase in hul lewens beleef. Navorsing het bevind dat mense wat omgee vir hul medemens en hulle finansieel ondersteun waar moontlik gelukkiger mense is as dié wat slegs vir hulself leef.

Bovest beplan nog insette om lig te werp op die finansiële behoeftes van die ouer-wordendes. Indien u spesifieke finansiële vrae het, laat weet ons asseblief.

Dr Riaan Botha, D.Phil, AFP™

Photo by James Hose Jr on Unsplash

Leave a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *