Pensioenarisse se Ervarings Raak hul Beleggingsbesluite

Studies van beleggers se reaksies op die prestasies van hul beleggingsportefeuljes toon aan dat besluite meestal gemaak word op die ervarings van die verlede. Pensioenarisse het ‘n leeftyd van ervarings wat huidige beleggingsbesluite sal raak. Watter beleggingslesse uit jou verlede beinvloed jou? Hier volg ‘n paar moontlike scenario’s:

Scenario 1: Onsekere ekonomiese tye:

 Die storie van ‘n persoon se ervarings gedurende die finansiële depressie van die dertiger jare, toe daar min of geen voorraad op die rake in die winkels was, het sy finansiële besluitneming lewenslank geraak. Hierdie ondervinding het hom geleer om niks weg te gooi nie en lewenslank spaarsamig te leef. Herinner hierdie onseker ekonomiese tye jou aan die COVID-19 Pandemie wat onlangs geheers het?

Scenario 2: Politieke en ekonomiese risiko:

Suid-Afrika beleef soos enige ander onwikkellende staat soms dinamiese tye. Sommige pensioenarisse het Republiek wording in 1961 beleef asook die aanvaarding van die huidige Grondwet in 1996. Daar teenoor het gevestigde demokrasië grondwette wat vir dekades lank bestaan en is die hoof rolspelers in hule ekonomië gevestigde maatskappye wat internasionaal handel dryf. Pensioenarisse kan hul politieke en ekonomiese risiko’s verminder deur beleggings te diversiviseer tussen verskillende lande en ekonomië.

Scenario 3:  Verhoogde inflasie:

Verhoogde inflasie in Suid-Afrika word gewoonlik veroorsaak wanneer die Reserwe Bank die ekonomie oor stimuleer deur rentekoerse te veel verlaag of te veel Regeringseffekte (Government Bonds) te verkoop. Hierdie periode van die ekonomiese siklus word dikwels opgevolg deur verhogings van die rentekoerse. Pensioenarisse het gedurende hul werks leeftyd verskillende verhoogde inflasie tydperke beleef waartydens pryse van basiese goedere uitermate gestyg het. ‘n Belegging struktuur wat in sulke ekonomies omstandighede die koopkrag van jou geld beskerm, is ‘n goed gediversifiseerde beleggingsportefeulje wat in verskillende bateklasse belê.

Ten slotte het ervarings pensioenarisse geleer dat saamgestelde rente met die verloop van tyd eksponensiële groei van jou geld belegging lewer. Die diversifikasie van jou beleggingsportefeulje tussen verskillende ekonomië asook bate-klasse verminder nie slegs jou beleggingsrisiko nie maar lewer ook bestendige groei.

Dr Riaan Botha, D.Phil, AFP™

Photo by Huy Phan on Unsplash

Leave a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *