My Raad aan Jonger Vroue

Aangesien dit vrouemaand is, het ek goedgedink om te reflek oor watse raad ek aan jonger vroue kan gee wat ek wens ek gehad het oor finansies.

Hier kom dit:

  1. Glo in jouself en moenie bang wees vir finansies nie. Dis baie makliker as wat jy dink en deur goeie finanansiële advies wat slegs ’n oproep weg is het jy geen verskoning nie.
  2. Werk met ’n finansiële adviseur waarmee jy baie gemaklik voel en vertrou. Jy moet vry kan wees om vrae te vra sonder om bang te wees wat hulle van jou gaan dink. Onthou, daar is nie iets soos ’n dom vraag nie.
  3. Bemagtig jouself deur kennis.  Moenie bang wees om gereelde interaksies met jou adviseur te hê nie. 
  4. Moenie wag nie.  Begin NOU geld weg te sit.  Laat tyd en saamgestelde rente hulle werk doen tot jou voordeel.
  5. Spaar 15% van jou inkomste. Maak dit ’n reël vir jouself en sien hoe jy gaan uitstyg bo jou vriende en kollegas.  Jy gaan ongelooflike satisfaksie ervaar as jy sien hoe jou geld groei.
  6. Stel ’n debietorder in so gou as moontlik.  Jy gaan dan in die gewoonte kom om te spaar.
  7. Wees verantwoordbaar en verantwoordelik. Doen ten minste een keer per jaar hersiening met jou finansiële adviseur.
  8. Neem risiko. Dit is beter langtermyn om jou geld in aandele te belê as in kontant.
  9. Gesels met jou finansiële adviseur oor die verskillende opsies.  Dit is baie belangrik en ons kan jou baie help met die regte advies oor belastingvriendelike beleggings asook buitelandse beleggings in lyn met jou doelwitte.
  10. Dit is nooit te laat om te begin belê nie en enige bedrag is beter as niks.

Yvonne Velthuysen

Photo by Becca Tapert on Unsplash

Leave a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *