REFLEKSIE NA DIE OLIMPIESE SPELE

Yvonne Velthuysen • September 2, 2024

Menige Suid-Afrikaner het vasgenaal gesit voor die televisie tydens die Olimpiese Spele in Parys vanjaar.


Ons het ons ingeleef en die hoogtepunte en laagtepunte van atlete meegemaak, die blydskap asook die hartseer en teleurstellings.


Ons besef wat dit die atlete gekos het om net daar te kon wees. Vier jaar se voorbereiding en ongelooflike harde werk vir een wedloop of item.


Ek was bevoorreg om hierdie Olimpiese Spele persoonlik mee te maak in Parys, aangesien my dogter Suid-Afrika verteenwoordig het in die driekamp kompetisie.


Graag deel ek my ervaring , observasie en lesse wat ek hieruit geleer het. Meeste van dit kan ons toepas op die lewe in die algemeen maar ook op ons beleggingsstrategie.


  • Tyd – dit neem soms jare om jou doelwit te bereik. Soms, soos in my dogter se geval 22 jaar.


  • Toewyding – slaap, eet en leef jou doel.


  • Dissipline – doen elke dag wat jy moet doen. Moenie kompromië aangaan nie.


  • Fokus – weet wat jou doelwit is en werk elke dag daaraan.


  • Opofferings – daar is baie dinge wat op jou pad kom waarvoor jy “nee” sal moet sê. Dis nie maklik nie.


  • Span – kry ’n span wat jou ondersteun en van advies kan voorsien, aanspreeklik hou, moed inpraat en wat in jou glo.


  • Finansies – dit kos ’n fortuin om jou droom te bereik. Veral in Suid-Afrika. Probeer hulp kry van borge.


  • Onsekerheid – dit is moeilik om te presteer as daar onduidelikheid is oor wat van jou verwag word en wat jy moet doen. Om dit te oorkom verg ’n baie sterk persoon met ’n onwrikbare karakter.


  • Ervaring – geniet alle fasette van die pad na jou doelwit toe. Leer en pas dit toe soos jy aangaan. Daar sal hoogtepunte en laagtepunte wees. Daar sal uitdagings wees. Jy sal bo uitkom.


  • Geloof - glo in God. Hy loop elke tree saam met jou en Hy sal jou nooit verlaat nie.


  • Balans – wanneer ’n mens kyk na bogenoemde punte asook wat dit van ’n mens verg om te kwalifiseer vir die Olimpiese Spele, lyk balans maar
  • moeilik, maar dit is belangrik.


  • Sukses – dit is anders vir elke persoon. Ek glo dat jy sukses bereik het wanneer jy vrede en aanvaarding ervaar. Wanneer genoeg, genoeg is.


  • “DIE DAG” - so, jy het 4 jaar voorberei vir “die dag”!? Dit kan goed gaan of dit kan minder goed gaan, op “die dag”. Was dit ’n mors van tyd en geld? Nooit nie. Alles wat jy geleer het op die pad soontoe gaan jy vir die res van jou lewe gebruik en sou jy ’n minder goeie dag op “die dag” gehad het, onthou al die hoogtepunte en goeie tye op die pad soontoe en weet dat daar is lewe na “die dag”, dis jou keuse!


Wat het bogenoemde te doen met beleggings? Tyd in die mark is baie belangrik. Bly gefokus, wanneer dinge moeilik gaan hou aan met jou bydraes. Wanneer markte wisselvallig is, bly by jou beleggingsstrategie. Wanneer markte af is en jy moet aftree, “die dag” byt vas. Môre is nog ’n dag. Moenie paniekbevange en emosioneel raak nie. Werk saam met jou beleggingsspan. Weet


dat hulle jou by jou einddoel sal kry. Weet dat hulle die ervaring het. Weet dat hulle suksesvol is. Sterkte vir die pad vorentoe. Daar is lewe na die Olimpiese Spele.


By Bovest • October 7, 2026
When most people start thinking about their financial future, they go straight to the products. Which index fund is performing best right now? Should I put money into a tax-free savings account or property? What about offshore tech stocks? Those questions feel natural. But they won’t necessarily get you where you want to go. This article explains why the financial products you choose matter far less than the plan they serve. Learn how to craft a clear, holistic financial plan — not just a well-diversified portfolio — and discover what really determines whether you build lasting wealth. The importance of a holistic financial plan Selecting quality investments matters. That said: choosing products without a broader blueprint is like buying building materials before you have drafted the architectural blueprint. Because in the end, it is not simply a matter of creating wealth for the short run, it is about creating wealth for life. At Bovest, our foundation rests on a simple principle: an investment portfolio is merely the engine, but a holistic financial plan is the GPS that directs you on your route. What are the 5 components of a financial plan A holistic financial plan does not start with market performance or product features. It begins with context. A comprehensive plan connects five distinct areas of your life into one cohesive strategy:
By Agulhas Besprekingsforum: Dr. Riaan Botha • October 1, 2026
Die gesprek het plaasgevind in Struisbaai se rolbal klubhuis en is bygewoon deur 35 persone. Die aanbieding wat ek gedoen het, het die persoonlike uitdagings van ’n welvaartskepper beskryf. Punte wat uitgelig is: Wat is jou passie? Kies ’n strategie om jou passie uit te leef. Kennis is die sleutel tot suksesvolle welvaartskepping. Leer goeie geld gewoontes aan. Positiewe uitkyk op die lewe - Beheer wat binne jou vermoë is. Bou ’n netwerk van goeie mense wat jy vertrou. Bou jou persoonlike handelsnaam. Welvaartskepping is ’n lang reis. Geen kitsrykdom nie. Bovest sal jou help met finansiële advies: Om persoonlike finansiële doelwitte te stel. Om ‘n monitor program op te stel vir beplande finansiële doelwitte. Daar het ’n goeie gesprek na die aanbieding gevolg. Die huidige werkloosheid situasie in SA is bespreek en dat veral jong mense hul eie besighede moet begin om persoonlike welvaart te skep. Aangesien die ’n ouer gehoor was in welvaart bewaring ook bespreek. Die voorsitter, Danie Schutte, het ten slotte sy dank uitgespreek dat daar ’n positiewe situasie vir welvaartskepping in SA uitgebeeld is. Dit is veral vir jong mense bemoedigend om nie oorsee te gaan werk soek nie maar hier plaaslik ’n inkomste te skep.