Die pas afgelope Olimpiese Spele in Parys het aan toeskouers – die skrywer was bevoorreg om sekere items self by te woon- waardevolle welvaartswenke te gee. Alhoewel die openingseremonie omstrede en uit ’n Christelike perspektief onaanvaarbaar was, was die Spele goed georganiseerd.
Dit is bekend dat suksesvolle welvaartskeppers persone is wat georganiseerd en planmatig hul welvaart doelwitte nastreef. As toeskouer was my ervaring dat die Olimpiese Spele se organisasie die groot skare mense gedissiplineerd en hulpvaardig bestuur het. Die verkope van alkoholiese drankies is by byeenkomste verbied en talle vrywilligers het diens gedoen om die toeskouers te help om betyds hul sitplekke in te neem.
Dissipline speel ’n groot rol in die lewe van suksesvolle welvaartskeppers. Die toeskouers by die Olimpiese Spele was gedissiplineerd en het geduldig die polisie toegelaat om hul rugsakke te deursoek vir ontoelaatbare items. Dit het ’n mens nogal herinner aan die deursoek proses op internasionale lughawens wat jou onwillekeurig laat besef het watter risiko’s geloop word met die aanbieding van internasionale byeenkomste.
Trots en netheid is ’n belangrike eienskap by suksesvolle welvaartskeppers. Die toeskouers by die Spele het gewys dat persoonlike trots en netheid vir hulle belangrik is deur die stadions skoon te laat na ’n byeenkoms. Dit was vir my as ’n Suid Afrikaner opvallend hoe skoon die stadions was na ’n sport byeenkoms in vergelyking met plaaslike ervarings.
Seker die belangrikste wenk vir ons as welvaartskeppers was die sportpersoonlikhede se toegewydheid en vasberadenheid om te presteer. Ongeag die realiteit dat sport persoonlikhede van ryk lande meer finansiële ondersteuning van hule sportorganisasies ontvang as diè afkomstig van die sogenaamde arm lande, het die deelnemers goed presteer. Die deelnemers van Suid-Afrka het ondanks min finansiële ondersteuning van sportorganisasies bo-gemiddeld presteer gelewer en 6 medaljes gewen.
Om welvaart te skep en te vermeerder is nie slegs tot voordeel van die betrokke persoon nie maar ook tot voordeel van sy/haar familie en die betrokke gemeenskap. Die Olimpiese Spele se deelnemers se wenke aan welvaartskeppers is om jou welvaarts doelwitte met deusettingsvermoë en planmatig optredena na te streef.
©COPYRIGHT BOVEST. ALL RIGHTS RESERVED. BOVEST WEALTH MANAGEMENT PTY (LTD) IS AN AUTHORISED FINANCIAL SERVICES PROVIDER FSP Nr. 35064