Wenke vir Suksesvolle Aftrede

Riaan Botha • March 18, 2024

Agtergrond

Weens die moderne gesondheidswetenskap leef afgetredenes langer as ooit in die geskiedenis van die mensdom. Hierdie verlengde tydperk skep talle geleenthede. Die vraag is watter wenke moet gevolg word om hierdie geleenthede suksesvol te benut.


Die volgende wenke kan help:

  1. ‘n Afgetrede persoon het ‘n leeftyd van ervaringe agter hulle. Tydens hulle lewens was daar tye van lag en ook tye van swaarkry. Hierdie persoonlike ervaringe kan aangewend word om die tyd as ’n afgetredene ten volle te geniet.
  2. Elke afgetredene het unieke talente wat benut kan word om ‘n positiewe rol in die gemeenskap te speel.
  3. Voorkom die “Aftree Siekte” . Programme kan gevolg word om gemaklik en sonderspanning af te tree.
  4. Wees finansieel onafhanklik. Daar is ’n leeftyd van inkomste verdien en gepaardgaande aftree beplanning agter die rug en nou moet finansies ten beste aangewend word om jou aftrede te geniet. Dit is belangrik om jou finansiële bates deur ’n professionele persoon en finansiële instansie soos Bovest te laat bestuur. Dit sal die angs van die scenario van”dat my geld voor my dood sal opraak” te vermy.
  5. Leef met redelike lewensverwagtinge. Indien jy met te hoë verwagtings leef en altyd streef na iets beter as wat jy tans ervaar, gaan jy onvergenoeg wees en deur mense vermy word.
  6. Bestuur die risiko’s van aftrede. Ons as mense smag na voorspellings en wat ons van die toekoms kan verwag. Meer nog as afgetredenes. Dit is egter belangrik om gereed te maak vir verskillende gebeurtenisse in ons lewens en om die lewe te geniet. Indien die onvoorsiene gebeur soos ’n terugslag met jou gesondheid of die verlies van ’n geliefde moet daar gebeurlikheidsplanne in plek wees om te help met die slegte nuus.
  7. Gee terug aan die gemeenskap en aan mense wat hulp nodig het. Hierdie teruggee aksie kan finansiële skenkings wees of om van jou kosbare tyd en kennis beskikbaar te stel aan jou medemens. Daar is die belangrike spreuke dat dit beter is om te gee as om te ontvang.
  8. Die vestiging van jou nalatenskap kan ’n belangrike rol speel tydens aftrede.

Samevatting:


Jou aftrede is so ’n belangrikke fase in jou lewe dat Bovest wenke gee sowel as om byeenkomste gaan aanbied om jou gereed te maak vir ’n suksesvolle aftrede sowel as om jou bestaande aftrede ten volle te geniet.Dr Riaan Botha FSA™ D.Phil

Start Investing Today

By Bovest • October 7, 2026
When most people start thinking about their financial future, they go straight to the products. Which index fund is performing best right now? Should I put money into a tax-free savings account or property? What about offshore tech stocks? Those questions feel natural. But they won’t necessarily get you where you want to go. This article explains why the financial products you choose matter far less than the plan they serve. Learn how to craft a clear, holistic financial plan — not just a well-diversified portfolio — and discover what really determines whether you build lasting wealth. The importance of a holistic financial plan Selecting quality investments matters. That said: choosing products without a broader blueprint is like buying building materials before you have drafted the architectural blueprint. Because in the end, it is not simply a matter of creating wealth for the short run, it is about creating wealth for life. At Bovest, our foundation rests on a simple principle: an investment portfolio is merely the engine, but a holistic financial plan is the GPS that directs you on your route. What are the 5 components of a financial plan A holistic financial plan does not start with market performance or product features. It begins with context. A comprehensive plan connects five distinct areas of your life into one cohesive strategy:
By Agulhas Besprekingsforum: Dr. Riaan Botha • October 1, 2026
Die gesprek het plaasgevind in Struisbaai se rolbal klubhuis en is bygewoon deur 35 persone. Die aanbieding wat ek gedoen het, het die persoonlike uitdagings van ’n welvaartskepper beskryf. Punte wat uitgelig is: Wat is jou passie? Kies ’n strategie om jou passie uit te leef. Kennis is die sleutel tot suksesvolle welvaartskepping. Leer goeie geld gewoontes aan. Positiewe uitkyk op die lewe - Beheer wat binne jou vermoë is. Bou ’n netwerk van goeie mense wat jy vertrou. Bou jou persoonlike handelsnaam. Welvaartskepping is ’n lang reis. Geen kitsrykdom nie. Bovest sal jou help met finansiële advies: Om persoonlike finansiële doelwitte te stel. Om ‘n monitor program op te stel vir beplande finansiële doelwitte. Daar het ’n goeie gesprek na die aanbieding gevolg. Die huidige werkloosheid situasie in SA is bespreek en dat veral jong mense hul eie besighede moet begin om persoonlike welvaart te skep. Aangesien die ’n ouer gehoor was in welvaart bewaring ook bespreek. Die voorsitter, Danie Schutte, het ten slotte sy dank uitgespreek dat daar ’n positiewe situasie vir welvaartskepping in SA uitgebeeld is. Dit is veral vir jong mense bemoedigend om nie oorsee te gaan werk soek nie maar hier plaaslik ’n inkomste te skep.