Wenke vir Suksesvolle Aftrede

Riaan Botha • March 18, 2024

Agtergrond

Weens die moderne gesondheidswetenskap leef afgetredenes langer as ooit in die geskiedenis van die mensdom. Hierdie verlengde tydperk skep talle geleenthede. Die vraag is watter wenke moet gevolg word om hierdie geleenthede suksesvol te benut.


Die volgende wenke kan help:

  1. ‘n Afgetrede persoon het ‘n leeftyd van ervaringe agter hulle. Tydens hulle lewens was daar tye van lag en ook tye van swaarkry. Hierdie persoonlike ervaringe kan aangewend word om die tyd as ’n afgetredene ten volle te geniet.
  2. Elke afgetredene het unieke talente wat benut kan word om ‘n positiewe rol in die gemeenskap te speel.
  3. Voorkom die “Aftree Siekte” . Programme kan gevolg word om gemaklik en sonderspanning af te tree.
  4. Wees finansieel onafhanklik. Daar is ’n leeftyd van inkomste verdien en gepaardgaande aftree beplanning agter die rug en nou moet finansies ten beste aangewend word om jou aftrede te geniet. Dit is belangrik om jou finansiële bates deur ’n professionele persoon en finansiële instansie soos Bovest te laat bestuur. Dit sal die angs van die scenario van”dat my geld voor my dood sal opraak” te vermy.
  5. Leef met redelike lewensverwagtinge. Indien jy met te hoë verwagtings leef en altyd streef na iets beter as wat jy tans ervaar, gaan jy onvergenoeg wees en deur mense vermy word.
  6. Bestuur die risiko’s van aftrede. Ons as mense smag na voorspellings en wat ons van die toekoms kan verwag. Meer nog as afgetredenes. Dit is egter belangrik om gereed te maak vir verskillende gebeurtenisse in ons lewens en om die lewe te geniet. Indien die onvoorsiene gebeur soos ’n terugslag met jou gesondheid of die verlies van ’n geliefde moet daar gebeurlikheidsplanne in plek wees om te help met die slegte nuus.
  7. Gee terug aan die gemeenskap en aan mense wat hulp nodig het. Hierdie teruggee aksie kan finansiële skenkings wees of om van jou kosbare tyd en kennis beskikbaar te stel aan jou medemens. Daar is die belangrike spreuke dat dit beter is om te gee as om te ontvang.
  8. Die vestiging van jou nalatenskap kan ’n belangrike rol speel tydens aftrede.

Samevatting:


Jou aftrede is so ’n belangrikke fase in jou lewe dat Bovest wenke gee sowel as om byeenkomste gaan aanbied om jou gereed te maak vir ’n suksesvolle aftrede sowel as om jou bestaande aftrede ten volle te geniet.Dr Riaan Botha FSA™ D.Phil

Start Investing Today

By Dr Riaan Botha October 31, 2025
Die regte gesindheid teenoor aftrede verseker dat ons gelukkig aftree. Die nuwe vryheid wat jy beleef as ’n afgetredene is om jou eie tydskedule te bepaal en om te doen wat jy jou hele werkende lewe na gehunker het. Hierdie fase in jou lewe is kosbaar en moet ten volle benut word. Bepaal die doel wat jy as ’n afgetredene moet uitleef. Dit is meer as om net jou belangrikse bate – jou tyd – te gee vir die saak waarin jy ’n verskil wil maak. Gedurende jou werkende loopbaan het jy soveel kundigheid opgedoen om suksesvol te kan wees en om jou doel uit te leef. Hierdie kennis sowel as die lewenservaring wat opgedoen is, stel jou daartoe in staat om ’n verskil te kan maak. Party afgetredenes onttrek uit die besige samelewing en raak stil voor die Hemelse Vader om te bepaal wat die doel is wat uitgeleef kan word. Om hierdie doel uit te leef is dit belangrik om saam met ander afgetredenes te werk. Om te verhoed dat jy na aftrede vereensaam moet jy moeite doen om by mense in te skakel omdat sosiale aktiwiteite baie belangrik is. Doen navorsing om te bepaal by watter groep mense jy graag wil inskakel. Die realiteit in Suid Afrika is dat talle afgetredenes geraak word deur die vertrek van hul kinders na die buiteland. Die ondersteuningsrol van kinders in die lewe van afgetredenes moet nie onderskat word nie veral as die ouers verswak of siek word. Dit is daarom belangrik dat verhoudings met mense gevorm word wat kan help om die afwesigheid van kinders te versag. Om doelgerig te leef is ’n keuse wat jy as afgetredene maak. Om besig te wees met aktiwiteite wat nie net jou eie lewe bevoordeel nie maar ook die lewe van ander, is kosbaar en moet ten volle benut word. Die beloning wat hierdeur ontvang word kan nie in geld terme bereken word nie maar wel deur dankbaarheid en vreugde.  Voorspoed word toegewens aan alle afgetredenes wat die keuse maak om wel ’n verskil in hulle samelewings te maak!
By PJ Botha October 30, 2025
South Africa has officially been removed off the Financial Action Task Force's (FATF) grey list as of October 24, 2025. This comes after 33 months of work to strengthen the country's anti-money laundering and counter-terrorism systems. Why Was South Africa Grey Listed in the first place? In February 2023, the FATF placed South Africa on the grey list due to weaknesses in its ability to enforce anti-money laundering regulations. These included ineffective investigations and prosecutions, particularly in severe money laundering and terrorist financing cases. To get off the list, South Africa needed to accomplish 22 action items. By June 2025, the FATF reported that all items had been handled. Although some areas, like as prosecutions, require improvement, this did not prevent the country from being removed from the list. What is the Function of the Financial Intelligence Centre (FIC)? The Financial Intelligence Centre helped South Africa achieve FATF regulations. It enhanced how it oversees businesses and professions that deal with money but are not banks, employing stronger risk assessment tools and compliance measures. The FIC also collaborated extensively with law enforcement, promoting the use of financial intelligence in investigations. This resulted in genuine results, such as the freezing of approximately R157 million in suspected illegal funds and the recovery of nearly R144 million in stolen money. What impact did the listing have on the Economy and Investments? Being on the Grey List increased the cost and complexity of foreign transactions. It also harmed investor confidence, particularly while South Africa holds the G20 presidency in 2025. Financial experts predict that now that the country is no longer on the list, investor sentiment will improve. According to PPS Investments, this may lead to: Improved access to global capital. A stronger Rand. Increased interest in South African stocks A better climate for the local property markets. This change contributes to a more favourable view for South Africa's economy and investment landscape. How do South Africa compares to other countries that was grey listed? South Africa's 33-month stint on the grey list is comparable to other countries. Tanzania required 33 months, Nigeria 25 months, Mozambique 37 months, and Burkina Faso 57 months. What's next? South Africa is already planning for the next FATF mutual evaluation, which is scheduled for 2026-2027. The FIC states that, while leaving the grey list is a significant step forward, the country must continue to improve its mechanisms for combating financial crime.