Blogs


Read our latest news and industry insights.

Yvonne Velthuysen

By Yvonne December 2, 2024
The "silly season" is a time of year when people tend to spend more money and it can be a good time to review your finances and make plans to save. Here are some tips for managing your finances during the silly season: Budget : Create a realistic budget for holiday spending that includes gifts, travel, food, and decorations. Review subscriptions : Check your recurring subscriptions and cancel any you no longer use. Review insurance : Compare insurance renewals quotes to ensure you get the best deal. Review medical aid : Check your medical aid plan to ensure it still meets your needs. Review investments : Consult your financial advisor to make sure your investments align with your goals and risk tolerance. Use your bonus wisely : If you receive a year-end bonus, consider paying off debt or adding to your emergency fund. Plan for January : Start preparing for school expenses. Plan for tax season : Gather documents like medical expense receipts and proof of retirement contributions. Check your budget after the holidays : Assess whether you stuck to your budget and make plans to pay back any overspending. Consider free or inexpensive outings : Instead of an expensive venue, consider a picnic at the park or beach, or a hike. Buy gifts for fewer people : Instead of buying a gift for every person, choose one person to buy a gift for. Confession time: When I had decided on the topic for this month, I took to AI and within less than 30 seconds, the above content popped out! I reviewed the content and this was very well put, so all credit to AI! I wish you all a Blessed Christmas, full of joy, love, and peace, and remember the reason for the season. My tip (not AI): Don’t get caught of in the busyness and silliness of the season, rather take time out to become quiet and reflect on what is important in your life. May you have a prosperous 2025.
By Yvonne Velthuysen September 2, 2024
Menige Suid-Afrikaner het vasgenaal gesit voor die televisie tydens die Olimpiese Spele in Parys vanjaar. Ons het ons ingeleef en die hoogtepunte en laagtepunte van atlete meegemaak, die blydskap asook die hartseer en teleurstellings. Ons besef wat dit die atlete gekos het om net daar te kon wees. Vier jaar se voorbereiding en ongelooflike harde werk vir een wedloop of item. Ek was bevoorreg om hierdie Olimpiese Spele persoonlik mee te maak in Parys, aangesien my dogter Suid-Afrika verteenwoordig het in die driekamp kompetisie. Graag deel ek my ervaring , observasie en lesse wat ek hieruit geleer het. Meeste van dit kan ons toepas op die lewe in die algemeen maar ook op ons beleggingsstrategie. Tyd – dit neem soms jare om jou doelwit te bereik. Soms, soos in my dogter se geval 22 jaar. Toewyding – slaap, eet en leef jou doel. Dissipline – doen elke dag wat jy moet doen. Moenie kompromië aangaan nie. Fokus – weet wat jou doelwit is en werk elke dag daaraan. Opofferings – daar is baie dinge wat op jou pad kom waarvoor jy “nee” sal moet sê. Dis nie maklik nie. Span – kry ’n span wat jou ondersteun en van advies kan voorsien, aanspreeklik hou, moed inpraat en wat in jou glo. Finansies – dit kos ’n fortuin om jou droom te bereik. Veral in Suid-Afrika. Probeer hulp kry van borge. Onsekerheid – dit is moeilik om te presteer as daar onduidelikheid is oor wat van jou verwag word en wat jy moet doen. Om dit te oorkom verg ’n baie sterk persoon met ’n onwrikbare karakter. Ervaring – geniet alle fasette van die pad na jou doelwit toe. Leer en pas dit toe soos jy aangaan. Daar sal hoogtepunte en laagtepunte wees. Daar sal uitdagings wees. Jy sal bo uitkom. Geloof - glo in God. Hy loop elke tree saam met jou en Hy sal jou nooit verlaat nie. Balans – wanneer ’n mens kyk na bogenoemde punte asook wat dit van ’n mens verg om te kwalifiseer vir die Olimpiese Spele, lyk balans maar moeilik, maar dit is belangrik. Sukses – dit is anders vir elke persoon. Ek glo dat jy sukses bereik het wanneer jy vrede en aanvaarding ervaar. Wanneer genoeg, genoeg is. “DIE DAG” - so, jy het 4 jaar voorberei vir “die dag”!? Dit kan goed gaan of dit kan minder goed gaan, op “die dag”. Was dit ’n mors van tyd en geld? Nooit nie. Alles wat jy geleer het op die pad soontoe gaan jy vir die res van jou lewe gebruik en sou jy ’n minder goeie dag op “die dag” gehad het, onthou al die hoogtepunte en goeie tye op die pad soontoe en weet dat daar is lewe na “die dag”, dis jou keuse! Wat het bogenoemde te doen met beleggings? Tyd in die mark is baie belangrik. Bly gefokus, wanneer dinge moeilik gaan hou aan met jou bydraes. Wanneer markte wisselvallig is, bly by jou beleggingsstrategie. Wanneer markte af is en jy moet aftree, “die dag” byt vas. Môre is nog ’n dag. Moenie paniekbevange en emosioneel raak nie. Werk saam met jou beleggingsspan. Weet dat hulle jou by jou einddoel sal kry. Weet dat hulle die ervaring het. Weet dat hulle suksesvol is. Sterkte vir die pad vorentoe. Daar is lewe na die Olimpiese Spele.
Share by: