Buy-and-sell agreements. Protecting your business interests.

Francois le Clus • July 1, 2024

Buy-and-sell agreements. Protecting your business interests. 


If you’re running a business with partners, having a buy-and-sell agreement in place is crucial.


But why, you may ask? The answer is pretty straightforward.


Here’s the deal: When you pass away, your shares in the company become part of your estate or transfer to your business partner as per your shareholder’s agreement. If there’s no clear plan in place, those shares end up in your estate, to be distributed according to your will.


Enter the buy-and-sell agreement – your solution to these issues. This agreement is backed by life insurance policies on each partner’s life, ensuring enough cash to cover the purchase price. Simultaneously, the agreement establishes the obligation to sell the deceased partner’s shares and the obligation for the surviving partner to buy them.


Now, let’s talk about the risks:


  • Insufficient cash: The remaining owners might not have enough cash to buy the deceased partner’s business interests.
  • Uncertain fair price: Heirs might not be guaranteed a fair price for the business interests, potentially leading to a forced sale.
  • Ownership complications: The remaining owners might face unclear ownership, dealing with heirs or delays in estate settlement.
  • Business capital drain: Funding the purchase could drain the business’s capital, jeopardizing its continuity.


On the flip side, the benefits are significant:


  • Business continuity: The business keeps going without outside interference.
  • Smooth transition: Funds are available for a timely conclusion of the transaction.


For dependents or beneficiaries, the advantages are:


  • Inherited capital: They receive a capital amount instead of dealing with a business they may not know.
  • Financial security: The received capital can replace lost income and contribute to overall estate planning.


Now, let’s consider the importance of a shareholder’s agreement:


This agreement, entered into during the partners’ lifetimes, governs their relationship and outlines what happens to shares in the event of death or retirement. Without it, shares become part of the deceased partner’s estate.


And remember, getting the structure right is essential to qualifying for estate duty exemption. The Estate Duty Act provides exemptions if specific conditions are met.


In conclusion, a buy-and-sell agreement is vital for protecting interests and ensuring the intended transaction occurs. Without it, disputes can end in costly and time-consuming court battles, benefiting no one, especially not the deceased owner’s beneficiaries.


May 28, 2026
Die term “toebroodjie-generasie” (TG) kom deesdae in baie geskrifte voor. Hierdie tipering is reeds in die 1980’s ontwikkel en verwys na volwassenes in verskillende ouderdomsgroepe wat vasgevang is in die versorging van hulle ouerwordende ouers enersyds, en ondersteuning aan hulle kinders en selfs kleinkinders, andersyds. Dié situasie verteenwoordig ‘n groeiende sosiale en ekonomiese uitdaging. Meer spesifiek verwys die TG-generasie na volwassenes tussen die ouderdom van 30 en 60 jaar wat beide hulle ouers en kinders finansieel, fisies en emosioneel versorg en ondersteun. TG’s is dan denkbeeldig vasgevang soos die vulsel van ‘n toebroodjie tussen twee snye brood. Redes vir die onstaan van hierdie generasie is velerlei en kan ondermeer toegedig word aan verhoogde lewensverwagting, kinder wat langer in ouerhuise bly, jongmense wat op ‘n later stadium met gesinne begin en finansieële redes. Interessant is dat China die hoogste TG’s ter wêreld het en Old Mutual het in 2018 bevind dat 28% van alle Suid-Afrikaners tot hierdie generasie behoort en jaarliks met twee persent toeneem. Internasionale navorsing toon dat hierdie verskynsel veral sterk in die Globale Suide voorkom, insluitend Suid-Afrika, waar gesinsolidariteit en beperkte staatssteun families dwing om die las self te dra. TG’s kom ook byna twee keer so algemeen in Sub-Sahara-Afrika voor as in Europa. Volgens Suid-Afrikaanse statistieke (2023) woon sowat 9,7 mijoen kinders saam met 6,7 miljoen grootouers. Dit dui op ‘n sterk tradisie van intergenerasionele huishoudings. ‘n Verslag (2026) waarsku dat ongeveer 5,6 miljoen Suid-Afrikaners ouer as 60 ‘n toenemende vraag na gesinsgebaseerde sorg skep. Die middelgenerasie dra dikwels hierdie koste terwyl hulle self probeer spaar vir aftrede. Op ‘n sosiale en emosionele vlak kan die konstante spanning om ouers en kinders te ondersteun lei tot uitbranding, skuldgevoelens en gesinskonflik. Druk op die Toebroodjie Generasie is veelvoudig: ouers vind dit dikwels moeilik om hul beroep, stokperdjies, sport, verhoudinge en tyd vir hulself te bestuur – soms is daar werklik geen tyd buite hierdie versorgingsfunksies nie. Om dus ‘n goeie huweliksmaat, ouer en kind terselfdertyd te wees, raak uiters moeilik. Sielkundige probleme kan volg: ouers kan aan versorger-uitbranding begin ly met die voorkoms van depressie, skuldgevoelens en gevolglike sosiale isolasie. Hoeveel van ons is nie bewus van vriende en familie wat tot die toebroodjie-generasie behoort nie.  Geksryf deur Koos van die Waterberge vir Bovest
By Dr. Riaan Botha May 6, 2026
Agtergrond Geopolitieke spanninge het daartoe gelei dat oorlog tussen Amerika/Israel en Iran op 28 Februarie 2026 uitgebreek het. Een van die gevolge van die huidige oorlog is die verminderde olieproduksie en die gevolglike styging in brandstofpryse. Die duurder brandstof raak nie net Suid-Afrikaners se sak wanneer hulle hul motors se tenks vul nie, maar beïnvloed ook die winsgewendheid van Suid-Afrikaanse maatskappye wat op die Johannesburgse Aandelebeurs (JSE) genoteer is. Suid-Afrika Suid-Afrika vorm deel van die ontwikkelende ekonomieë wat aanvanklik goed gevaar het gedurende die eerste twee maande van 2026, totdat die oorlog op 28 Februarie uitgebreek het. Gedurende Maart 2026 het die JSE All Share Index met 13% gedaal — die grootste maandelikse daling in 18 jaar. Gedurende April het die indeks egter gestabiliseer, maar dit bly sensitief vir energieprysskokke. Weens die hoër brandstofpryse het Suid-Afrikaanse industriële aandele, kleinhandelaars en eiendomsmaatskappye se aandeelpryse gedaal. Hierdie ondernemings is nou gekoppel aan die plaaslike ekonomie en verbruikersbesteding, wat tans onder druk verkeer. Groot maatskappye met internasionale blootstelling se pryse het ook verswak. Richemont is geraak deur swakker wêreldwye vraag na luukse goedere, terwyl Naspers en Prosus afgetrek is deur swakker prestasie in Chinese tegnologie-aandele. Die Suid-Afrikaanse geldeenheid het ook ’n belangrike rol gespeel. Die rand het versterk tot ongeveer R16 teenoor die Amerikaanse dollar voordat dit effens verswak het. Hoewel dit positief mag klink, verminder ’n sterker rand die waarde van buitelandse verdienste wanneer dit terug na rand omgeskakel word. Aangesien baie van die grootste maatskappye op die JSE hul inkomste oorsee verdien, het dit hul aandeelpryse verder gedemp. Amerika Amerika vorm deel van die ontwikkelde ekonomieë, en hul aandelebeurse is anders deur die oorlog geraak. Suid-Afrikaanse aandele het nie tred gehou met die sterk herstel van die Amerikaanse markte ná die aanvanklike daling in aandeelpryse aan die begin van die oorlog nie. Dit was die gevolg van ’n kombinasie van wêreldwye onsekerheid, die tipe maatskappye wat op elke mark genoteer is, en bewegings in wisselkoerse. Amerikaanse maatskappye, veral in die tegnologiesektor, het voortgegaan om winsgroei te toon, wat beleggers gelok het. In onseker tye neig internasionale beleggers ook om geld na die VSA te verskuif omdat dit as ’n veiliger beleggingsbestemming beskou word. Suid-Afrika, aan die ander kant, het ’n mark wat meer afhanklik is van kommoditeite en wêreldwye ekonomiese siklusse, wat dit meer vatbaar maak vir skokke. Samevatting Daar is ’n gesegde: “Dit is makliker om ’n oorlog te begin as om dit te stop.” Mag diplomate die oorhand kry oor generaals sodat vrede kan terugkeer. Vrede sal olieproduksie verhoog en gevolglik brandstof goedkoper maak. Dit gaan egter tyd neem voordat die huidige hoë brandstofpryse en inflasiedruk verdwyn. In ’n ná-oorlogse situasie kan verwag word dat die JSE weer sterk sal vertoon, mits inflasie onder beheer bly en rentekoerse nie dramaties verhoog word nie. NOTA Ek het in 1983 my meestersgraadverhandeling in Staatsleer aan die Universiteit van die Vrystaat voltooi met die titel: “Islamitiese Determinante in die Wêreldpolitiek.” Dit is kenmerkend dat die rol van olie in die internasionale politiek gedurende 1970’s, weer 50 jaar later herhaal word. Die prys van ’n vat olie het destyds van 1,80 dollar in 1970 na 3 dollar in 1973 en na 31 dollar in 1979 gestyg. Daar was bewindsverandering in Iran toe die Islamietiese Revolusie in 1979 plaasgevind het. Iran, wat deel van OPEC is, het destyds ook olie aangewend om sy Islamitiese doktrine internasionaal te bevorder. In die huidige oorlog word olie steeds deur Iran as ’n geopolitieke wapen gebruik om Amerika en ander olie-verbruikende lande onder druk te plaas. Marksyfers tot einde April 2026