Die nuut gestigte Regering van Nasionale Eenheid (RNE) het ’n tydperk van samewerking tussen verskillende politieke partye ingelui. Hierdie samewerking behels dat die betrokke politici deur middel van ’n ooreenkoms gesamentlike verantwoordelikheid neem vir die regering. Hoe raak hierdie verwikkeling jou beleggingsportefeulje?
Voor die verkiesing het die destydse ANC regering met inisiatiewe begin om die privatesektor te betrek by ekonomiese ontwikkeling, soos onder andere die verbetering van die elektrise netwerk om sodoende beurtkrag te beëindig. Hierdie inisiatief het die beleggersgemeenskap plaaslik sowel as internasionaal geintriseer vir moontlike toekomstige beleggings. Die vraag was of die nuut verkose regering sou voortgaan om die privaatsektor by ontwikkelingsprojekte te betrek?
Die aanvaarding van die RNE as regeringsvorm en die deelname van verskillende politieke partye waaronder die Demokratiese Alliansie (DA) vergroot die moontlikheid dat die privaatsektor betrokke sal bly by ontwikkelingsprojekte. Dit sal daartoe lei dat die Suid-Afrikaanse ekonomie teen ’n hoër ekonomiese groeikoers sal ontwikkel.
Hierdie nuus het daartoe gelei dat die JSE-indeks byvoorbeeld op 19 Junie met 3,5% gestyg het, asook dat die Rand se waarde heelwat versterk het sedert die verkiesingsuitslae bekend gemaak is. Die pryse van effekte (bonds) het ook begin verbeter namate die sentiment vir ekonomiese groei verbeter het. Indien daar voortgegaan word om die privaatsektor by regeringsprojekte te betrek, sal die positiewe marksentiment voortduur.
Bykomend tot die huidige positiewe politieke nuus oor die ekonomiese groeisentiment in Suid-Afrika, is die moontlikheid dat rentekoerse binne maande kan verlaag. Verlagende rentekoerse sal ook bydra dat pryse van effekte (bonds) en aandele plaaslik sal verhoog.
Riaan Botha
©COPYRIGHT BOVEST. ALL RIGHTS RESERVED. BOVEST WEALTH MANAGEMENT PTY (LTD) IS AN AUTHORISED FINANCIAL SERVICES PROVIDER FSP Nr. 35064