DIE REGERING VAN NASIONALE EENHEID EN JOU BELEGGINGSPORTEFEULJE
Die Regering van Nasionale Eenheid (RNE) het ’n positiewe invloed op beleggingsportefeuljes omdat die beleggings in plaaslike aandele en effekte (bonds) se pryse sedert die tot standkoming van die RNE gestyg het. Waarom het hierdie positiewe tendens plaasgevind?
Op die kort termyn het ‘n positiewe sentiment ontstaan omdat politieke partye wat ’n groter rol vir die privaat sektor in ekonomiese groei voorstaan, deel van die RNE is. Sedert die RNE ingehuldig is, het die pryse van aandele op die Johannesburg Sock Exchange (JSE) gestyg omdat beleggers verwag dat die verdienste van die maatskappye wat voordeel gaan trek uit regeringsaktiwiteite gaan styg, Dit is veral aandele van plaaslike banke en kleinhandelaars wat gewild is.
Die koerse van effekte (bonds ) het gedurende genoemde periode gedaal en gevolglik het die beleggingswaarde van bestaande effekte gestyg.
Op die medium termyn word daar verwag dat die plaaslike rentekoerse (moonlik alreeds gedurende September 2024) gaan verlaag en gevolglik sal ’n dalende rentekoers siklus ook ’n positewe invloed op beide die beleggings in die JSE asook effekte uitoefen.
Sedert die rentekoerse gedurende 2022 gestyg het, het talle beleggers geld in die geldmarkte by die banke gaan belê. Die inkomste belasting implikasies vir rente draende beleggings is dat belasing vrystelling vir persone jonger as 65 jaar R 23 800 is en vir persone 65 jaar en ouer is die vrystelling R 34 800, waarna die rente onvang as ’n inkomste belas word volgens persoonlike belastingskale. Dit is daarom belangrik dat beleggers in die geldmark moet seker maak wat die na-belaste groeikoers van hul beleggings is.
Beleggers in die huidige veranderende beleggingsomgewing moet ’n evaluering van hul bestaande beleggingsportefeuljes doen om seker te maak dat hul bestaande beleggings steeds die beste na-belaste opbrengs, volgens die betrokke persoon se risiko profiel, lewer. Indien daar enige onsekerheid bestaan, word aanbeveel dat van die professionele kundigheid van Bovest se adviseurs gebruik gemaak word.
©COPYRIGHT BOVEST. ALL RIGHTS RESERVED. BOVEST WEALTH MANAGEMENT PTY (LTD) IS AN AUTHORISED FINANCIAL SERVICES PROVIDER FSP Nr. 35064