Ons weet dat die omskrywing “welvaart” meer as die geld situasie van ‘n persoon beskryf. Dit raak ook die”welstand van ’n persoon “ wat deur sy/haar finansiële situasie geraak word. Met die leuse “Jou welvaart ons prioriteit” poog Bovest om deur middel van professionele finansiële beplanning, publikasies en die sosiale media om elke leser te bemagtig om hul persoonlike welvaart te verbeter.
Die finansiële markte in Suid Afrika het in 2024 as gevolg van ‘n rentekoers verlagende siklus asook die instelling van die Regering van Nasionale Eenheid (RNE) goed presteer. Die heersende positiewe sentiment in die ekonomie sal na verwagting voortduur en daar kan verwag word dat rentekoerse verder sal daal. Hierdie faktore kan meewerk dat 2025 weereens ’n goeie jaar vir beleggers in die plaaslike groei bate-klasse sal wees.
Beduidende politieke veranderinge het ook hierdie jaar in Suid Afrika plaasgevind met die ANC wat sy meerderheid by die stembus tydens die Nasionale en Provinsiale Algemene verkiesing.verloor het. Die voortspruitende vorming van die RNE is deur die finansiële markte goed ontvang. Dit het ’n dinamiese tydperk in die plaaslike politiek ingelui omdat besluite deur middel van konsensus geneem moet word.
Internasionale finansiële markte gaan die inhuldiging van Pres Trump in Januarie 2025 verwerk. Aangesien dit sy tweede termyn is, kan verwag word dat hy volstoom sy verkiesingsbeloftes gaan implimenteer. Daar sal veral met afwagting gekyk word na wat die ekonomiese implikasies gaan wees as hy sy dreigiment om bestaande handelstariewe op invoerbelasting na die VSA te hersien, implimenteer.
Bovest wil graag sy kliënte bedank vir hul lojale ondersteuning gedurende die afgelope jaar. Mag julle saam met julle geliefdes die vrede van Christus tydens kersfees ervaar. Die wens word uitgespreek dat die wat met vakansie gaan, veilig sal reis en uitgerus terugkeer vir 2025.
Riaan Botha
©COPYRIGHT BOVEST. ALL RIGHTS RESERVED. BOVEST WEALTH MANAGEMENT PTY (LTD) IS AN AUTHORISED FINANCIAL SERVICES PROVIDER FSP Nr. 35064