Blogs


Read our latest news and industry insights.

Market Analysis

By Riaan Botha October 23, 2024
The Government of National Unity (GNU) was formed between the African National Congress (ANC) and nine other political parties. The GNU governance structure was established after the 27 May 2024 national and provincial elections during which no political party obtained a 50% plus vote. In his inauguration address on 19 June 2024, President Ramaphosa describe the GNU as the beginning of a new era in South African politics. The previous GNU was formed in 1994 and dissolved in 1999. The aim of the previous GNU was to govern through consensus seeking and not governed by the winner take all approach. The vision of this GNU is to set South Africa on a path towards social cohesion and nation-building. This political shift has fostered optimism around the country’s economic future. The collective effort from politicians to participate in GNU was welcomed by business and the relationship between the private sector and government has been improved. A positive vibe was created on the local financial markets and the South African Rand broke R18 to the US Dollar. The performance of the local asset classes from 1 June 2024 to 30 September 2024 were: The JSE All Share Index rose with 12.83% SA All Bond Index increased with 16.29%. Listed Property Index Tracker Funds increased 25.77% Money market rates saw a 0.25% decline. The GNU was not the only factor that influenced the prices of asset classes and other economic indicators, like interest rates, also played a role. It is however the positive economic sentiment that GNU has created through the collective decision-making process from different political parties that played a positive role in the minds of investors. The way forward? In the short term we could expect that investment portfolios will perform above average depending on that the economy performed well, and that earnings of listed companies increases. What is the lifespan of this GNU? The previous political collective decision-making structure survived for 5 years. In the nineties South Africa had a dominant political party in Parlement as well as a better performing economy. However, this time is different, and a performing economy with prosper financial markets could create a scenario that it is better for political parties to be part of GNU than to be left out. Dr AP Botha 21 October 2024
By Riaan Botha July 30, 2024
DIE REGERING VAN NASIONALE EENHEID EN JOU BELEGGINGSPORTEFEULJE Die Regering van Nasionale Eenheid (RNE) het ’n positiewe invloed op beleggingsportefeuljes omdat die beleggings in plaaslike aandele en effekte (bonds) se pryse sedert die tot standkoming van die RNE gestyg het. Waarom het hierdie positiewe tendens plaasgevind? Op die kort termyn het ‘n positiewe sentiment ontstaan omdat politieke partye wat ’n groter rol vir die privaat sektor in ekonomiese groei voorstaan, deel van die RNE is. Sedert die RNE ingehuldig is, het die pryse van aandele op die Johannesburg Sock Exchange (JSE) gestyg omdat beleggers verwag dat die verdienste van die maatskappye wat voordeel gaan trek uit regeringsaktiwiteite gaan styg, Dit is veral aandele van plaaslike banke en kleinhandelaars wat gewild is. Die koerse van effekte (bonds ) het gedurende genoemde periode gedaal en gevolglik het die beleggingswaarde van bestaande effekte gestyg. Op die medium termyn word daar verwag dat die plaaslike rentekoerse (moonlik alreeds gedurende September 2024) gaan verlaag en gevolglik sal ’n dalende rentekoers siklus ook ’n positewe invloed op beide die beleggings in die JSE asook effekte uitoefen. Sedert die rentekoerse gedurende 2022 gestyg het, het talle beleggers geld in die geldmarkte by die banke gaan belê. Die inkomste belasting implikasies vir rente draende beleggings is dat belasing vrystelling vir persone jonger as 65 jaar R 23 800 is en vir persone 65 jaar en ouer is die vrystelling R 34 800, waarna die rente onvang as ’n inkomste belas word volgens persoonlike belastingskale. Dit is daarom belangrik dat beleggers in die geldmark moet seker maak wat die na-belaste groeikoers van hul beleggings is. Beleggers in die huidige veranderende beleggingsomgewing moet ’n evaluering van hul bestaande beleggingsportefeuljes doen om seker te maak dat hul bestaande beleggings steeds die beste na-belaste opbrengs, volgens die betrokke persoon se risiko profiel, lewer. Indien daar enige onsekerheid bestaan, word aanbeveel dat van die professionele kundigheid van Bovest se adviseurs gebruik gemaak word.
By Riaan Botha July 1, 2024
Die nuut gestigte Regering van Nasionale Eenheid (RNE) het ’n tydperk van samewerking tussen verskillende politieke partye ingelui. Hierdie samewerking behels dat die betrokke politici deur middel van ’n ooreenkoms gesamentlike verantwoordelikheid neem vir die regering. Hoe raak hierdie verwikkeling jou beleggingsportefeulje? Voor die verkiesing het die destydse ANC regering met inisiatiewe begin om die privatesektor te betrek by ekonomiese ontwikkeling, soos onder andere die verbetering van die elektrise netwerk om sodoende beurtkrag te beëindig. Hierdie inisiatief het die beleggersgemeenskap plaaslik sowel as internasionaal geintriseer vir moontlike toekomstige beleggings. Die vraag was of die nuut verkose regering sou voortgaan om die privaatsektor by ontwikkelingsprojekte te betrek? Die aanvaarding van die RNE as regeringsvorm en die deelname van verskillende politieke partye waaronder die Demokratiese Alliansie (DA) vergroot die moontlikheid dat die privaatsektor betrokke sal bly by ontwikkelingsprojekte. Dit sal daartoe lei dat die Suid-Afrikaanse ekonomie teen ’n hoër ekonomiese groeikoers sal ontwikkel. Hierdie nuus het daartoe gelei dat die JSE-indeks byvoorbeeld op 19 Junie met 3,5% gestyg het, asook dat die Rand se waarde heelwat versterk het sedert die verkiesingsuitslae bekend gemaak is. Die pryse van effekte (bonds) het ook begin verbeter namate die sentiment vir ekonomiese groei verbeter het. Indien daar voortgegaan word om die privaatsektor by regeringsprojekte te betrek, sal die positiewe marksentiment voortduur. Bykomend tot die huidige positiewe politieke nuus oor die ekonomiese groeisentiment in Suid-Afrika, is die moontlikheid dat rentekoerse binne maande kan verlaag. Verlagende rentekoerse sal ook bydra dat pryse van effekte (bonds) en aandele plaaslik sal verhoog.  Riaan Botha
By Riaan Botha March 18, 2024
Agtergrond Die toekoms is onbekend en daarom bestee internasionale beleggingshuise groot bedrae geld om te voorspel wat in die toekoms op beleggingsmarkte gaan gebeur – sonder veel sukses. Om persoonlike welvaart in ‘n onseker wêreld te skep verg ‘n plan asook persoonlike dissipline. Die volgende persoonlike plan word voorgestel:
By Ruvan J Grobler April 1, 2021
"Shares like Nvidia can form part of a well-diversified investment portfolio where market risk is managed."
Share by: