Blogs


Read our latest news and industry insights.

Riaan Botha

By Riaan Botha December 5, 2024
Ons weet dat die omskrywing “welvaart” meer as die geld situasie van ‘n persoon beskryf. Dit raak ook die”welstand van ’n persoon “ wat deur sy/haar finansiële situasie geraak word. Met die leuse “Jou welvaart ons prioriteit” poog Bovest om deur middel van professionele finansiële beplanning, publikasies en die sosiale media om elke leser te bemagtig om hul persoonlike welvaart te verbeter. Die finansiële markte in Suid Afrika het in 2024 as gevolg van ‘n rentekoers verlagende siklus asook die instelling van die Regering van Nasionale Eenheid (RNE) goed presteer. Die heersende positiewe sentiment in die ekonomie sal na verwagting voortduur en daar kan verwag word dat rentekoerse verder sal daal. Hierdie faktore kan meewerk dat 2025 weereens ’n goeie jaar vir beleggers in die plaaslike groei bate-klasse sal wees. Beduidende politieke veranderinge het ook hierdie jaar in Suid Afrika plaasgevind met die ANC wat sy meerderheid by die stembus tydens die Nasionale en Provinsiale Algemene verkiesing.verloor het. Die voortspruitende vorming van die RNE is deur die finansiële markte goed ontvang. Dit het ’n dinamiese tydperk in die plaaslike politiek ingelui omdat besluite deur middel van konsensus geneem moet word. Internasionale finansiële markte gaan die inhuldiging van Pres Trump in Januarie 2025 verwerk. Aangesien dit sy tweede termyn is, kan verwag word dat hy volstoom sy verkiesingsbeloftes gaan implimenteer. Daar sal veral met afwagting gekyk word na wat die ekonomiese implikasies gaan wees as hy sy dreigiment om bestaande handelstariewe op invoerbelasting na die VSA te hersien, implimenteer.  Bovest wil graag sy kliënte bedank vir hul lojale ondersteuning gedurende die afgelope jaar. Mag julle saam met julle geliefdes die vrede van Christus tydens kersfees ervaar. Die wens word uitgespreek dat die wat met vakansie gaan, veilig sal reis en uitgerus terugkeer vir 2025. Riaan Botha
By Riaan Botha October 23, 2024
The Government of National Unity (GNU) was formed between the African National Congress (ANC) and nine other political parties. The GNU governance structure was established after the 27 May 2024 national and provincial elections during which no political party obtained a 50% plus vote. In his inauguration address on 19 June 2024, President Ramaphosa describe the GNU as the beginning of a new era in South African politics. The previous GNU was formed in 1994 and dissolved in 1999. The aim of the previous GNU was to govern through consensus seeking and not governed by the winner take all approach. The vision of this GNU is to set South Africa on a path towards social cohesion and nation-building. This political shift has fostered optimism around the country’s economic future. The collective effort from politicians to participate in GNU was welcomed by business and the relationship between the private sector and government has been improved. A positive vibe was created on the local financial markets and the South African Rand broke R18 to the US Dollar. The performance of the local asset classes from 1 June 2024 to 30 September 2024 were: The JSE All Share Index rose with 12.83% SA All Bond Index increased with 16.29%. Listed Property Index Tracker Funds increased 25.77% Money market rates saw a 0.25% decline. The GNU was not the only factor that influenced the prices of asset classes and other economic indicators, like interest rates, also played a role. It is however the positive economic sentiment that GNU has created through the collective decision-making process from different political parties that played a positive role in the minds of investors. The way forward? In the short term we could expect that investment portfolios will perform above average depending on that the economy performed well, and that earnings of listed companies increases. What is the lifespan of this GNU? The previous political collective decision-making structure survived for 5 years. In the nineties South Africa had a dominant political party in Parlement as well as a better performing economy. However, this time is different, and a performing economy with prosper financial markets could create a scenario that it is better for political parties to be part of GNU than to be left out. Dr AP Botha 21 October 2024
By Riaan Botha September 2, 2024
Die pas afgelope Olimpiese Spele in Parys het aan toeskouers – die skrywer was bevoorreg om sekere items self by te woon- waardevolle welvaartswenke te gee. Alhoewel die openingseremonie omstrede en uit ’n Christelike perspektief onaanvaarbaar was, was die Spele goed georganiseerd. Dit is bekend dat suksesvolle welvaartskeppers persone is wat georganiseerd en planmatig hul welvaart doelwitte nastreef. As toeskouer was my ervaring dat die Olimpiese Spele se organisasie die groot skare mense gedissiplineerd en hulpvaardig bestuur het. Die verkope van alkoholiese drankies is by byeenkomste verbied en talle vrywilligers het diens gedoen om die toeskouers te help om betyds hul sitplekke in te neem. Dissipline speel ’n groot rol in die lewe van suksesvolle welvaartskeppers. Die toeskouers by die Olimpiese Spele was gedissiplineerd en het geduldig die polisie toegelaat om hul rugsakke te deursoek vir ontoelaatbare items. Dit het ’n mens nogal herinner aan die deursoek proses op internasionale lughawens wat jou onwillekeurig laat besef het watter risiko’s geloop word met die aanbieding van internasionale byeenkomste. Trots en netheid is ’n belangrike eienskap by suksesvolle welvaartskeppers. Die toeskouers by die Spele het gewys dat persoonlike trots en netheid vir hulle belangrik is deur die stadions skoon te laat na ’n byeenkoms. Dit was vir my as ’n Suid Afrikaner opvallend hoe skoon die stadions was na ’n sport byeenkoms in vergelyking met plaaslike ervarings. Seker die belangrikste wenk vir ons as welvaartskeppers was die sportpersoonlikhede se toegewydheid en vasberadenheid om te presteer. Ongeag die realiteit dat sport persoonlikhede van ryk lande meer finansiële ondersteuning van hule sportorganisasies ontvang as diè afkomstig van die sogenaamde arm lande, het die deelnemers goed presteer. Die deelnemers van Suid-Afrka het ondanks min finansiële ondersteuning van sportorganisasies bo-gemiddeld presteer gelewer en 6 medaljes gewen.  Om welvaart te skep en te vermeerder is nie slegs tot voordeel van die betrokke persoon nie maar ook tot voordeel van sy/haar familie en die betrokke gemeenskap. Die Olimpiese Spele se deelnemers se wenke aan welvaartskeppers is om jou welvaarts doelwitte met deusettingsvermoë en planmatig optredena na te streef.
By Riaan Botha July 1, 2024
Die nuut gestigte Regering van Nasionale Eenheid (RNE) het ’n tydperk van samewerking tussen verskillende politieke partye ingelui. Hierdie samewerking behels dat die betrokke politici deur middel van ’n ooreenkoms gesamentlike verantwoordelikheid neem vir die regering. Hoe raak hierdie verwikkeling jou beleggingsportefeulje? Voor die verkiesing het die destydse ANC regering met inisiatiewe begin om die privatesektor te betrek by ekonomiese ontwikkeling, soos onder andere die verbetering van die elektrise netwerk om sodoende beurtkrag te beëindig. Hierdie inisiatief het die beleggersgemeenskap plaaslik sowel as internasionaal geintriseer vir moontlike toekomstige beleggings. Die vraag was of die nuut verkose regering sou voortgaan om die privaatsektor by ontwikkelingsprojekte te betrek? Die aanvaarding van die RNE as regeringsvorm en die deelname van verskillende politieke partye waaronder die Demokratiese Alliansie (DA) vergroot die moontlikheid dat die privaatsektor betrokke sal bly by ontwikkelingsprojekte. Dit sal daartoe lei dat die Suid-Afrikaanse ekonomie teen ’n hoër ekonomiese groeikoers sal ontwikkel. Hierdie nuus het daartoe gelei dat die JSE-indeks byvoorbeeld op 19 Junie met 3,5% gestyg het, asook dat die Rand se waarde heelwat versterk het sedert die verkiesingsuitslae bekend gemaak is. Die pryse van effekte (bonds) het ook begin verbeter namate die sentiment vir ekonomiese groei verbeter het. Indien daar voortgegaan word om die privaatsektor by regeringsprojekte te betrek, sal die positiewe marksentiment voortduur. Bykomend tot die huidige positiewe politieke nuus oor die ekonomiese groeisentiment in Suid-Afrika, is die moontlikheid dat rentekoerse binne maande kan verlaag. Verlagende rentekoerse sal ook bydra dat pryse van effekte (bonds) en aandele plaaslik sal verhoog.  Riaan Botha
By Riaan Botha March 18, 2024
Agtergrond Die toekoms is onbekend en daarom bestee internasionale beleggingshuise groot bedrae geld om te voorspel wat in die toekoms op beleggingsmarkte gaan gebeur – sonder veel sukses. Om persoonlike welvaart in ‘n onseker wêreld te skep verg ‘n plan asook persoonlike dissipline. Die volgende persoonlike plan word voorgestel:
Share by: